Gese - PowerPoint PPT Presentation

About This Presentation
Title:

Gese

Description:

Kom lofsing die Here, loof Hom, al wat lewe! Wees vrolik, besing nou sy majesteit. In U, ... Eng'le uit die hoogste hemel sing ter ere van 'n Kind, ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:179
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 23
Provided by: Chris2285
Category:
Tags: gese

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Gese


1
Geseënde Kersfees!
  • Psalm 98

Orrelis Albert Troskie Fluitis Chandré
Brewis Liturgiese ruimte Brenda van Rooyen en
Charlene Brewis Leraar Chris van Wyk
2
345 Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde
(sit)
  • 1. Kom, alle getroues,
  • vrolik en vol vreugde,
  • o kom in die gees nou na Betlehem!
  • Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore
  • kom buig daar in aanbidding,
  • kom buig daar in aanbidding,
  • kom buig daar in aanbidding,
  • voor Jesus, die Heer.

3
  • 2. 'n Kind is gebore
  • loof die God van liefde!
  • Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,
  • Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede
  • Ons buig in blye aanbidding,
  • ons buig in blye aanbidding,
  • ons buig in blye aanbidding,
  • Verlosser en Heer!

4
  • 4. Kom lofsing die Here,
  • loof Hom, al wat lewe!
  • Wees vrolik, besing nou sy majesteit.
  • In U, Getroue, bly ons ook behoue.
  • Ons prys U in aanbidding,
  • ons prys U in aanbidding,
  • ons prys U in aanbidding,
  • Gesalfde en Heer!

5
(No Transcript)
6
370 Eng'le uit die hoogste hemel (staan)
  • 1. Eng'le uit die hoogste hemel
  • sing ter ere van 'n Kind,
  • van 'n nuwe tyd wat aanbreek
  • waarin almal vrede vind.
  • Sing hosanna! Sing hosanna!
  • Prys Hom, Jesus, Seun van God!

7
  • 2. Waar die wagters waak oor skape
  • hoor hul engele wat sing.
  • Oor die velde klink die lofsang
  • aan 'n Kind wat vrede bring.
  • Sing hosanna! Sing hosanna!
  • Prys Hom, Jesus, Seun van God!

8
  • 3. Sterrekykers uit die ooste
  • bring geskenke tot sy eer.
  • Hy's die nuutgebore Koning -
  • hierdie Kindjie is die Heer.
  • Sing hosanna! Sing hosanna!
  • Prys Hom, Jesus, Seun van God!

9
364 Herders op die ope velde
  • 1. Herders op die ope velde
  • het dié nag die englekoor,
  • met die blye evangelie
  • uit die hemel aangehoor
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste heem'le.
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste hemele.

10
  • 2. Met hul harte vol van vreugde
  • praat hul van die Jesuskind
  • Herder vir die mens op aarde
  • wat verdwaaldes soek en vind.
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste heem'le.
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste hemele.

11
  • 3. Ere in die hoogste hemel,
  • klink dit nou die wêreld deur
  • Liefde, vrede, welbehae
  • daal in Jesus tot ons neer.
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste heem'le.
  • Kom, loof die Heer,
  • loof die Heer,
  • loof die Here God
  • in die hoogste hemele.

12
VONKK 39 Lank, Lank Terug In Betlehem (sit)
  • 1. Lank, lank terug in Betlehem
  • die Messias soos verwag
  • het Jesus Christus, Seun van God,
  • gekom op Kersfeesdag.
  • Refrein
  • Hoor hoe sing die englekoor,
  • hul bring aan God die eer.
  • Vir ons het God sy Seun gestuur,
  • niks kon sy liefde keer.
  • Hoor hoe sing die englekoor,
  • ons Koning het gekom
  • en ons sal leef in ewigheid,
  • omdat ons glo in Hom.

13
  • 2. Waar herders wag hou in die nag,
  • sien hul n nuwe ster.
  • Hul hoor n englekoor wat sing,
  • musiek wat kom van ver.
  • Refrein
  • Hoor hoe sing die englekoor,
  • hul bring aan God die eer.
  • Vir ons het God sy Seun gestuur,
  • niks kon sy liefde keer.
  • Hoor hoe sing die englekoor,
  • ons Koning het gekom
  • en ons sal leef in ewigheid,
  • omdat ons glo in Hom.

14
(No Transcript)
15
Psalm 98
  • n Psalm.
  • 1 Sing n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy
    het magtige dade gedoen, deur sy krag en
    Goddelike mag het Hy oorwin.
  • 2 Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan
    die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar.
  • 3 Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy
    trou herbevestig
  • die hele wêreld het gesien dat ons God die
    oorwinning behaal het.
  • 4 Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees
    vrolik, juig en sing!

16
  • 5 Sing tot eer van die Here met begeleiding van
    die lier, speel op die lier en sing.
  • 6 Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot
    eer van die Here, die Koning.
  • 7 Die see en alles daarin moet druis, die aarde
    en alles daarop moet juig, 8 die riviere moet
    hande klap, die berge moet saam juig 9 voor die
    Here, want Hy kom om oor die aarde te heers
  • Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,
    oor die volke met billikheid.

17
(No Transcript)
18
348 Stille nag, heilige nag! (staan)
  • 1. Stille nag, heilige nag!
  • Jesus-kind, lank verwag,
  • Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
  • word uit liefde aan mense gelyk.
  • Loof die hemelse Kind!
  • Loof die hemelse Kind!

19
  • 2. Stille nag, heilige nag!
  • Hemelvors, ons gee ag
  • op die lied van die engelekoor.
  • Herders het dit die eerste gehoor
  • Juig, die Redder is daar!
  • Juig, die Redder is daar!

20
  • 3. Stille nag, heilige nag!
  • Jesus, Heer, voor u mag,
  • voor u ryk moet die duisternis swig
  • tot in ewigheid bly U die lig -
  • Heer, gebore vir ons!
  • Heer, gebore vir ons!

21
(No Transcript)
22
3482 Refrein (staan)
  • Juig, die Redder is daar!
  • Juig, die Redder is daar!
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com