Title: L-10-T
1L-10-T
KOMAAN!
2L-10-T Lukas 10 Transformasie Inleiding L-10-T
is n opwindende en radikale nuwe manier vir
jongmense (jonger as 100 jaar) om Jesus te volg
op n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar
gelede vir ons gegee is! Met L-10-T kan jy en
Die Heilige Gees die Goeie Nuus vertel waar jy
ookal gaan by die skool, kollege, universiteit,
werk, fliek, klub of waar jy ookal met jou
vriende uithang En slegs indien nodig woorde
gebruik!Almal kan L-10-T! Kwalifikasies? Jy
moet jouself verbind het om Jesus te volg met
alles wat in jou is. Dus het jy reeds jou lewe
verbind tot n lewenstyl om Jesus se volgeling te
wees?
3Indien jy onseker hieroor is.....
4Maak Seker! My Persoonlike verbintenis tot Jesus
Christus
HERE Jesus, Ek bid nou tot U en gee U my woord
dat
?
?
Ek U lief het en altyd wil volg. Ek weet ek doen
gedurig dinge verkeerd en teen U wil en is
werklik jammer oor my sonde. Vergewe asseblief
die sonde wat ek mee gebore is, reeds gedoen het
en wat ek steeds mag doen. Ek wil U volg en u
lewenstyl naboots. Aanvaar my as U dissipel en
leer my terwyl ek U volg, met U praat en U
geskrewe storie en opdragte bestudeer.
?
?
?
?
?
?
?
?
5KOMAAN!!!
6Waarom L-10-T? Jesus was n radikale
dertigjarige in die gemeenskap waarin Hy
gelewe het! Hy was nie iemand se pa of n
predikant of pastoor nie - Hy was een van ons!
Maar Hy was GOD! Hy het n perfekte verhouding
met Sy Vader God gehad. Hy het al ons sondes op
Homself geneem en vir ons gesterf. Sy
voorwaarde was dat ons sy lewenswyse moet
naboots!
7Hoe wys jou huidige lewenswyse dat jy Jesus volg?
8Hy het twaalf dissipels opgelei gewone ouens
soos ek en jy! Hy het hulle gekies om Sy
boodskap tot in elke land op aarde te neem. Hy
het ook twee-en-sewentig ander ouens (sewentig in
die Ou Afrikaanse Vertaling) getuur om sy
boodskap voor Hom uit te neem. Hulle
is die voorbeeld wat ons wil volg terwyl ons
L-10-T in die huidige moderne lewe!
91 Daarna het die Here twee en sewentig ander
aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur
na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om
te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê Die oes is
groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here
aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te
stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou Ek
stuur julle soos lammers tussen wolwe in. 4
Moenie n beurs of n reissak of skoene saamdra
nie, en moenie langs die pad met groetery tyd
verkwis nie. 5 As julle in n huis kom, moet
julle eerste woorde wees
Lukas 10 1-5
10Vrede vir hierdie huis. 6 As daar iemand woon
vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom
bly so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7
Moenie van een huis na die ander trek nie, maar
bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle
voorhande het, want die arbeider is geregtig op
sy loon. 8 As julle in n dorp kom en hulle
ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle
voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir
die mense Vir julle is die koninkryk van God
baie naby! Lukas 10 6-9
11Wat tref jou die meeste in bogenoemde verse?
12- Ons het uit bogenoemde opdrag van Jesus 4 stappe
gehaal om vir die gewone Christen vandag n
riglyn te gee om Jesus Christus in sy omgewing te
volg. Terselfdertyd gaan jy begin om meeste van
Sy opdragte prakties uit te voer!
13- Die stappe is
-
- Stap 1 Vra die Here se seën of vrede waar jy
gaan - Stap 2 Bou verhoudings/samesyn
- Stap 3 Bevredig behoeftes
- Stap 4 Vertel van Jesus
14Ons het twee vereistes gestel vir L-10-T
- Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet dit kan
doen (en ons het L-10-T vir voor- en
laerskoolleerlinge ook!). - Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou normale
lewe van Maandag tot Saterdag (en Sondae ook)
rondbeweeg! Jy hoef nie spesiale byeenkomste by
te woon om te kan L-10-T nie.
15- L-10-T is nie godsdiens of kerk nie!
- L-10-T is n daaglikse praktiese uitlewing van
jou geloof in en verhouding met die Almagtige
God.
16KOMAAN!
17EENHEID 3 en 4 Waarom L-10-T? Jy het gesê jy
wil met alles in jou Jesus liefhê en n lewe lewe
wat Sy hart sal verbly reg? Dit sal dof wees
om dan goed te probeer doen wat anders is as wat
Hy wil hê! Ons kyk dus eers na n paar dinge wat
Hy self gesê het ons ouens wat Hom wil volg moet
doen. Luister na Sy stem in die gedeeltes uit
die Bybel wat ons gaan behandel in hierdie
opleidingsgids!
18Voor Jesus opgevaar het na Sy Vader in die hemel
toe het Hy n belangrike opdrag aan Sy dissipels
en deur hulle aan ons gegee genoem die Groot
Opdrag 19 Gaan dan na al die nasies toe en
maak die mense my dissipels doop hulle in die
Naam van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat
Ek julle beveel het. (Mat 2819-20a)
19Wat tref jou die meeste in bogenoemde verse?
20Hoe goed voer JY die Groot Opdrag uit?
21Is dit vandag nog nodig (2 000 jaar na Hy die
Groot Opdrag gegee het)?
22In Suid-Afrika moet die volgende mense nog
dissipels van Jesus word (die oes Lukas
102) Die wat in naam Christene is maar nie
hul geloof uitlewe nie (omtrent 60 van die
bevolking)Die wat vals gelowe (Islam,
Hindoeisme ens) aanhang (4)Die ateïste (wat sê
daar is nie iets soos n god nie) (15)
23Met ander woorde, amper 8 uit elke 10 mense
rondom ons in Suid-Afrika is geestelik verlore en
het Jesus Christus as Verlosser nodig!
24Praat van n nasionale krisis! Die oes in
Suid-Afrika is beslis groot! En dit is ons almal
se verantwoordelikheid ons kan dit nie op die
kerk, ander instellings of volwassenes afskuif
nie! Dit is ook nie vir anderdag nie!Navorsing
oor mense wat tot bekering kom wys dat ongeveer
4 tot bekering kom as gevolg van direkte
evangelisasie (jy konfronteer iemand direk met
die verlossingsboodskap of gebruik Jesus Film of
n stadiontipe veldtog) van die mense wat tot
bekering kom dit doen as gevolg van direkte
evangelisasiemetodes.
25Meeste mense, naamlik 75-90 kom tot bekering as
gevolg van n verhouding of n reeks verhoudinge
en interaksies met gewone Christene.
26Hierdie mense kom meestal ook nie
eensklaps tot geloof nie. Hulle beweeg deur
omtrent 18 mikrobesluite op hul pad vanaf
anti-Christen tot volle dissipel. En gewone
Christene wat hulle teekom help hulle om
antwoorde op hul vrae te kry. Of ... mag hulle
van Christus af wegdryf deur slegte gedrag wat
hulle dan met Christene mag assosieer.
27Dit is soos Slangetjies en Leertjies Wat ons
as Christene tussen nie-Christene doen mag hulle
die leertjie ophelp of met die slangetjie afdruk!
28Hierdie navorsing bevestig die verskriklike
belangrikheid van ons gedrag as Christene in ons
alledaagse lewe! Ons is almal evangeliste deur
ons gedrag!
29Hoeveel ongereddes is in jou dorp, stad of
streek? Hoe kan hulle vir Jesus bereik
word? Bespreek!
30Jesus het ook al die wette en opdragte van God
intwee Groot Gebooie opgesom.
31Mat 2237-40. 37 Jesus antwoord hom Jy moet
die Here jou God liefhê met jou hele hart en met
jou hele siel en met jou hele verstand. 38 Dit
is die grootste en die eerste gebod. 39 En die
tweede, wat hiermee gelyk staan, is Jy moet jou
naaste liefhê soos jouself. 40 In hierdie twee
gebooie is die hele wet en die profete
saamgevat.
32Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met
_________ en met __________ _______________.
God
ander
mense
33Maar Jesus beklemtoon dit nog verder ... In
Mat 2531-46 gee Jesus ons n duidelike prentjie
(amper soos n DVD- of YouTubesnit) oor wat op
die Oordeelsdag gaan gebeur wanneer alle mense
(ons ingesluit) voor Hom as Regter gaan staan.
Die beeld wat Jesus skets laat Hy geen
onduidelikheid oor wat Hy bedoel met liefde en
diens aan minder bevooregte mense nie
3431 Wanneer die Seun van die mens in majesteit
kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy
koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal
voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die
mense van mekaar skei soos n wagter die skape
van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en
die bokke links van Hom laat staan. 34 Dan sal
die Koning vir dié aan sy regterkant sê Kom,
julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk
is van die skepping van die wêreld af vir julle
voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want
Ek was honger, en julle het My iets gegee om te
eet Ek was dors, en julle het My iets gegee om
te drink Ek was n vreemdeling, en julle het My
gehuisves 36 Ek was sonder klere, en julle het
vir My klere gegee siek, en julle het My
verpleeg in die tronk, en julle het My besoek.
37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het,
Hom vra Here, wanneer het ons U honger gesien
en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?
3538 En wanneer het ons U n vreemdeling gesien en
U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere
gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die
tronk en U besoek? 40 En die Koning sal hulle
antwoord Dit verseker Ek julle Vir sover julle
dit aan een van die geringste van hierdie broers
van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.
41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant
sê Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan
na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele
voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het
My niks gegee om te eet nie Ek was dors, en
julle het My niks gegee om te drink nie 43 Ek
was n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves
nie sonder klere, en julle het My nie klere
gegee nie siek en in die tronk, en julle het My
nie versorg nie. 44 Dan sal hulle ook antwoord
Here, wanneer het ons U honger of dors of n
vreemdeling of sonder klere of siek of in die
tronk gesien en U nie gehelp nie? 45 En Hy sal
hulle antwoord Dit verseker Ek julle Vir sover
julle dit aan een van hierdie geringstes nie
gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie
gedoen nie. 46 En hierdie mense sal die ewige
straf ontvang, maar dié wat die wil van God
gedoen het, die ewige lewe.
36Watter minder bevooregtes of geringes is op
Jesus se hart? __________________ ____________
______ __________________ __________________ __
________________ __________________
Dorstiges
Hongeres
Vreemdelinge
Sonder Klere
Siekes
Gevangenes
37In verse 41-46 maak Jesus dit duidelik dat waar
waar sulke geringes geminag is Hy dit
beskou dat die minagters ___________ self
geminag het.
Jesus
38Kom ons lees Mat 721 -23 21 Nie elkeen wat vir
My sê Here, Here, sal in die koninkryk van die
hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen
van my Vader wat in die hemel is. 22 Baie sal
daardie dag vir My sê Here, Here, het ons dan
nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose
geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders
gedoen nie? 23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê
Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af,
julle wat die wet van God oortree.
39GOD wil nie noodwendig hê ons moet groot dade
in Sy Naam doen nie nee, Hy is meer
bekommerd dat Hy jou persoonlik sal
_____________.
ken
40Een van die maklikste maniere om die HERE te
ken en deur Hom geken te word is deur gereelde
_____________________ met Hom deur
________________.
kommunikasie
gebed
41Lees John 159-16a 9 Soos die Vader My liefhet,
het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde
bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle
in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my
Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 Dit sê Ek
vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en
julle blydskap volkome kan wees. 12 Dit is my
opdrag Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle
liefhet. 13 Niemand het groter liefde as dit nie
dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14 Julle is
my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15
Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want
n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie.
Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek
van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak
het. 16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek
het julle uitgekies en julle aangestel om uit te
gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.
42Jesus plaas die voorwaardes van die tweede
Groot Gebod op n hoër vlak deur te sê dat ons
mekaar moet liefhê soos _________
__________ liefhet.
Hy
ons
43- Wat behoort jy te doen
- om Jesus se vriend
- genoem te word?
- _____________________
- _____________________
- _____________________
Ons moet doen wat Hy ons beveel
44Is jy op die wenpad met die uitvoer van Jesus se
opdragte? Bespreek!
45Met die kennis wat jy nou het kan jy
werklik begin om God te dank vir wat Hy alles vir
jou gedoen het. En ... Voel jy nie ook dit
is nou tyd om iets te begin DOEN nie? Bid die
volgende gebed daagliks voor jy jou aktiwiteite
by die skool, universiteit of werk begin
46DANKIE, HERE! HERE, ek buig my knieë in
nederigheid voor U Ek weet U liefdevolle
teenwoordigheid sal met my wees gedurende hierdie
dag. Dankie dat U U liefde oor my sal uitstort
vandag. Ek is vir U ook lief! Amen (37 Jesus
antwoord hom Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart en met jou hele siel en met
jou hele verstand. (Mat 2237))
47Hoe kan ek L-10-T? Kom ons kyk nou na elke stap!
48STAP 1Seën Wat is die betekenis daarvan om die
Here se seënof vrede op n plek af te bid Die
Here se seën of vrede bring _____________________
____ _________________________ ___________________
______
Sy ryke goedheid en genade in 'n persoon se lewe
49Om beter te verstaan wat God onder seën
bedoel en belowe
50Lees Deut 281-13 1 As jy goed luister na die
Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat
ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal
die Here jou God jou oor al die nasies van die
aarde stel. 2 As jy luister na die Here jou God,
sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe
verryk. 3 Jy sal geseën wees in die stad, jy sal
geseën wees in die oop veld. 4 Jou nageslag sal
geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die
aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou
lammeroes. 5 Jou oesmandjie en jou knieskottel
sal geseën wees. 6 Jy sal geseën wees waar jy
ook gaan. 7 Die Here sal jou vyande wat jou
aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een
rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings
voor jou uit vlug.
518 Die Here sal die seën beveel om oor jou te
kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy
aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land
wat Hy aan jou gee. 9 As jy die gebooie van die
Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy
jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met
n eed aan jou beloof het. 10 Al die volke op
die aarde sal weet dat die Naam van die Here oor
jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou.
11 Die Here sal jou oorlaai met die goeie met n
nageslag, met die aanteel van jou vee, met die
opbrengs van jou grond in die land wat die Here
met n eed aan jou voorvaders beloof het om aan
jou te gee. 12 Die Here sal sy goeie
voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir
jou land reën te gee op die regte tyd, om alles
wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies
kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie.
13 As jy luister na die Here jou God se gebooie
wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en
daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en
dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag
beveel nie, sal die Here jou God jou die kop
maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees,
nie onder nie.
52Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
53Daar is niks wonderlikers wat met n persoon,
organisasie, stad of land kan gebeur as die
HERE se ___________ nie!
Seën
54L-10-T se eerste stap is om die HERE
se seën of vrede te vra op elke plek waar jy van
Maandag tot Vrydag gaan (en natuurlik Sondag
ook!). Vra dat God se seën of vrede op die plek
of organisasie sal rus, op sy bestuur,
werknemers, kliënte, deelnemers, hul familie en
wie ook al daar is.
55Hierdie gebed word gewoonlik stil gedoen
en baie keer met oop oë. As n vriend by jou is
kan julle hardop bid (jy kan natuurlik alleen ook
hardop bid) en selfs 30KD. (30KD is Thirty Second
Kneeldown n program wat die jeug uitdaag om
vir dertig sekondes in hul skool neer te kniel en
te bid sien Bylaag B)
56Die HERE, raak hulle aan! gebed (uit
30KD) kan ook op hierdie stadium gedoen word
57HERE, raak hulle aan! HERE, raak
die onderwysers, werknemers, en studente (of wie
ook al in die plek is waar jy is) op hierdie plek
(bv my skool) aan vandag. Een aanraking van U,
Vader, kan iemand se hele toekoms vandag
verander. Raak hulle aan deur hierdie gebed of
enige manier waarop u my daarvoor wil gebruik.
Amen
58Hierdie gebed is n uitdrukking van die
Tweede Groot Gebod, want die grootste geskenk wat
jy iemand kan toebid is die HERE se seën,
aanraking of vrede.
59Jy mag die gebed van seën vir n iemand
uitbrei deur die Here te vra om die volgende
aspekte van die persoon se lewe te seën
60Liggaam Gesondheid, beskerming,
kragWerksplek werk, inkomste,
sekuriteitEmosies vreugde, vrede, hoop,
liefdeSosiaal huwelike, familie
verhoudings, vriende, bureGeestelik verlossi
ng, geloof, genade, barmhartig BLESS
61Die belangrikheid en prioriteit van gebed
vir mense word bevestig deur
621 Tim 21-31 Ek dring daarop aan dat
daar in die eerste plek met smeking, voorbidding
en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2
vir dié wat regeer en vir almal wat gesag
uitoefen, sodat ons n rustige en stil lewe kan
lei in volkome toewyding aan God en in alle
eerbaarheid. 3 So is dit goed en aanneemlik vir
God, ons Verlosser,
63Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
64Die Here is ernstig daaroor dat ons in die
__________ plek verskillende tipes ________vir
alle mense moet ___________en veral vir hulle
in ____________
eerste
gebed
bid
gesagsposisies
65Maar is gebed vir plekke belangrik?
66Jer 297 7 Bevorder die belange van die stad
waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het,
bid tot My vir daardie stad, want sy belange is
ook julle belange.
67Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
68Die HERE ernstig daaroor dat ons tot Hom vir
___________ moet bid waar ons ons bevind al is
dit teen ons wil. Inteendeel, hy beveel ons om
daarvoor te bid want die plek se
__________________ is ook ons __________.
plekke
belange
belange
69? Lees Mat 543-48 43 Julle het
gehoor dat daar gesê is Jou naaste moet jy
liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê
vir julle Julle moet julle vyande liefhê, en
julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45
sodat julle kinders kan wees van julle Vader in
die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor
slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat
reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As
julle net dié liefhet wat vir julle liefhet,
watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die
tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as
julle net julle broers groet, wat doen julle meer
as ander? Maak die heidene nie ook maar net so
nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle
hemelse Vader volmaak is.
70Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse veral vers 44?
71Weer eens verhoog Jesus die hoogte van die
hoogspringlat van die liefde! Deur Sy
voorbeelde begin ons Sy hart en die hart van die
Vader verstaan.
72Jesus mik vir niks minder as volmaaktheid
soos die ________________ as ons ideaal nie.
73Ons kan nie ons vyande lief hê en vir hulle
begin bid as ons hulle nie vergewe het nie.
74? Lees Mat 612, 14-15 12 en vergeef
ons ons oortredings soos ons ook dié vergewewat
teen ons oortree...... 14 As julle ander mense
hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse
Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander
mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook
nie julle oortredings vergewe nie.
75Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
76As ons die HERE se seën of vrede toebid is
dit belangrik dat ons nie ______________________
teenoor iemand is nie.
77? Lees Mat 1823-3523 Daarom kan die
koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n
koning wat besluit het om saam met sy amptenare
hulle boeke na te gaan. 24 Toe hy daarmee begin,
is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene
rand geskuld het. 25 Hy kon dit nie betaal nie,
en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou
en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die
skuld betaal moet word. 26 Die man het voor hom
neergeval en gesoebat "Gee my tog uitstel ek
sal u alles terugbetaal." 27 Die koning het hom
jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld
afgeskryf. 28 Toe daardie man buite kom, het hy
een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net
'n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en
gewurg, en gesê "Betaal wat jy skuld!" 29 Sy
medeamptenaar het voor hom neergeval en hom
gesmeek "Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.
7830 Maar hy wou nie en hy is daar weg
om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die
skuld betaal het. 31 Toe sy medeamptenare sien
wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en
hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning
gaan vertel. 32 Die koning het hom laat haal en
vir hom gesê "Jou skurk! Al daardie skuld het ek
vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het.
33 Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry
het soos ek jou jammer gekry het nie?" 34 Die
koning was woedend en het hom oorgegee om
gemartel te word totdat hy al die skuld betaal
het. 35 So sal my Vader wat in die hemel is, ook
met julle maak as julle nie elkeen sy broer van
harte vergewe nie.
79Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
80Daar is geen twyfel uit bogenoemde
Bybelgedeeltes dat daar n verband is tussen ons
vergiffenis van hulle wat verkeerd aan ons gedoen
het en ons ontvangs van vergiffenis van die Here
af nie!
81Vergewe en dan sal jy vry wees!
82Hoe raak ons ontslae van
onvergewensgesindheid?
83Erken dat dit daar isErken dat jy
dit nie mag hou nieErken dat Jesus die seer
ens. verstaan omdat Hy in n soortgelyke situasie
as mens was.Gee die seer en woede vir Hom om
mee te maak soos Hy goeddunk (nie om die ander
persoon te oordeel nie). Let daarop dat daar geen
twyfel is oor die werklikheid en verkeerdheid van
die seer wat jy vir Hom gee nie.
84Nou kan jy die betrokkenes vergewe.
Begin vir hulle bidVra vir die Here om hulle
te seën, vrede te gee en Sy liefde op hul uit te
stort.Vra Hom om Sy liefde vir hulle vir jou te
gee en begin hulle met Sy liefde liefhê.
85Die vergiffenis van andere wat ons
mishandel of misbruik het in die verlede, hede of
op n voortdurende basis, is n proses wat mag
tyd vat.
86As jy voel dat jy nie die pad alleen
met die Here kan stap nie, vra dan iemand wat jy
kan vertrou of n profesionele Christen berader
vir hulp. Onthou jy kan hulp kry en as jy in n
situasie is waar jy voortdurend mishandel word,
moet jy hulp kry!
87Wees vry!
88Om wrokke of griewe teen mense te hou is
soos kettings wat jou vasbind! Gee dit vir die
HERE en raak vry!
89Het jy dalk enigiets teen iemand wat jy
nog nie vergewe het nie (pa, ma, broer, suster,
vriend, onderwyser of familielid ens.)? Vra die
HERE nou om jou te help om die persoon te vergewe
en die las vir die HERE te gee. (Tyd vir stil
gebed)
90Hy het dit gedoen vir ons.Kom ons
volg Hom! Vergewe en begin om n seëning te
wees vir die mense rondom jou!
91Jy kan nou begin met L-10-T Stap 1. Jy mag dalk
vind dat jy die stap meer gebruik as die ander.
92STAP 2 SAMESYN
93 Stap 2 (Samesyn - Eng. Fellowship) is nou
rêrig lekker. Jesus verwag van ons met die mense
rondom ons vriende te maak en te kuier! Ons moet
dit doen oral waar ons gaan ons moet gewone
mense wees wat gewone goed soos meeste mense
doen.
94In Stap 2 kyk ons na die mense rondom
ons, waar, studeer, werk, koop of speel met die
oë van n evangelis Het hulle Jesus in hul
lewens nodig? Dra hulle die vrugte van die
Heilige Gees? Is hulle openlik Christelik, maar
hul gedrag vertel n ander storie. Probeer om
verhoudings met hulle te bou.
95Om saam met iemand koffie of koeldrank
te drink of te eet (hoera vir McDonalds!) is
steeds een van die beste metodes om n verhouding
te begin bou. Wat ookal vir jou werk. Onthou dat
jy in hierdie stap nie van Jesus hoef te praat
nie!
96Vir die arme twee-en-sewentig dissipels in
Jesus se tyd was hierdie n verskriklike opdrag
want hulle het n klomp godsdienstige reëls oor
kos gehad! Ons het gelukkig nie soveel kosreëls
nie.
97 Wanneer n mens kuier of by die skool,
universiteit of werk is, is dit belangrik
om nie kompromieë aan te gaan wat jou Christelike
waardes betref nie bv om dwelms te gebruik,
seks voor jy getroud is, vloek of vuil grappe
vertel, of so iets.
98Kan jy dink aan enige iets wat jy dalk doen
tussen jou vriende wat jy nie behoort te doen as
jy sonder woorde Jesus se voorbeeld wil stel nie?
99Wees vriendelik en normaal en gebruik die
taal van die groep waar jy is. Vermy Christelike
uitdrukkings (kerktaal) wat vir nie-Christene
vreemd mag klink bv Ek is gewas in die bloed
van die Lam
100L-10-T stap 2 is soos n ysberg. Die 10
wat bo die water wys is ons doelbewuste bou van
verhoudings.
101(No Transcript)
102Die belangrike, maar gevaarlike
ongesiene 90 is ons gedrag na buite Taal en
uitdrukkings (grappe, skinder, vloekwoorde,
gebruik van die Naam van God, Christianese of
kerktaal)Emosies (uitbarstings van woede, altyd
krities, betekenlose argumente) Houding
(positief, negatief, meerderwaardig as n
Christen)Dinge wat jy doen (dwelms, flirt,
buite-egtelike seks)
103Onthou die Slangetjies en Leertjies (Van
Eenhede 3 4_ - trek jy mense na Jesus toe of
stoot jy hulle af?
104Dink na of daar enige iets soos hierbo
genoem is wat jy doen wat mense rondom jou van
Jesus sal afsit omdat jy dit doen.
105Hoe skakel ek hierdie sigbare hindernisse
uit?
106Party is sonde en ander is bloot gewoontes
wat jy in n sekere groep sal moet uitskakel uit
sensitiwiteit vir dit wat hulle glo. Sekere
sondes in hierdie kategorie (bv vloek of humeur
verloor) kan hardnekkig wees.
107Eerstens moet jy met die HERE daaroor
praat
108tweedens met jou vertrouelinge (jou
portuur of volwassenes)
109derdens met professionele raadgewers, of
indien nodig.
110Wat is ons uiteindelike doel met Stap 2?
111Om vriendskap en daardeur vertroue by mense
te bou as n gewone mens.
112Opsommend Stap 2 is om Van Jesus te
vertel, sonder om oor Hom te praat!
113In stap 2 sien ons die belangrike rol
wat deur elke Christen gespeel word waar hy by
die skool en in sy sosiale of werkslewe van
Christus vertel deur sy/haar gedrag. Hierdie
effek kan doelbewus vermenigvuldig word deur
vriende te maak met mense wat die Here nie ken
nie of wat van Hom weggedryf het.
114Jy is gereed om stap 2 te doen.
115STAP 3 Bevredig Behoeftes
116In Stap 3 reageer jy op die
onmiddellike behoeftes van die mense wat jy
ontmoet waar jy ookal van Maandag tot Saterdag
beweeg. Een van jou vriende of mense wat jy hoor
praat mag moontlik n behoefte uitspreek soos
n ouer wat siek geword het n persoon wat nie
die geld het om n taxi/bus huis toe te kan neem
nie n persoon wat sy werk verloor het wat n
familielid aan die dood afgestaan het wat geld
benodig om verder te studeer wie se troeteldier
verlore geraak het of enige ander behoefte.
117As jy van so n behoefte hoor, kan jy
dan, op n aangewese tyd, die persoon help deur
fisies (bv deur geld te gee) of emosioneel (bv
deur te vertroos) die persoon te ondersteun en/of
vir die persoon en die situasie te bid en
daardeur Sy Groot Helpende Hand in die situasie
in te bring.
118Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3
? Jy kan sag of met n vriend bid (almal kan dít
doen!)
? Jy kan die persoon vra of jy vir die behoefte
vir hom/haar kan bid. Indien die antwoord
positief is kan jy n eenvoudige gebed vir die
persoon doen, gewoonlik weg van ander mense af.
? Jy kan n persoon vra of daar n sekere
behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid (meeste
mense het een of ander behoefte, al is dit net
vir die vrede of seën van God).
119Die wonderlike daarvan om vir n behoefte te bid
is dat meeste mense - Christen, Moslem, Hindoe,
New Ager of ateïs altyd ja sal sê vir gebed!
As die persoon nee sou sê? Wel dan sê jy OK
draai weg en bid in elk geval saggies vir die
situasie.
120Omdat jy baie keer nie sal weet van
watter geloof of ongeloof die persoon waarvoor jy
bid is nie, maak dit n gewoonte (selfs in stil
of Stap 1 gebed) om jou gebed In die Naam van
Jesus Christus, Amen af te sluit.
121Wanneer jy Stap 3 vlak 3 gebed doen
(waar jy iemand vra of daar iets is wat jy voor
kan bid) sal jy gewoonlik vind dat mense
onmiddellik reageer asof hulle vir jou vraag
gewag het. Partymaal aarsel mense dit is
gewoonlik omdat die probleem persoonlik is. Dus,
as jy sien iemand aarsel dan sê jy vir hulle
dat hulle nie vir jou hoef te sê wat dit is as
dit persoonlik is nie. As dit persoonlik is sal
hulle dan vir jou so sê en jy kan bid want die
Here weet wat die probleem is.
122As die persoon sê dit is nie persoonlik
nie en steeds aarsel dan is dit omdat hulle nie
op daardie oomblik aan iets kan dink nie. Dan vra
jy of die persoon sal omgee as jy vir die Here se
seën of vrede op hom/haar lewe mag bid die
reaksie is gewoonlik n onmiddellike ja.
123Wat is die verskil tussen stil en
direkte gebed vir n nood? God hoor alle gebed
maar die direkte harde gebed (vlak 2 en 3) is ook
sigbare omgee wat die Here direk in kontak bring
met die ander persoon. As jy dit doen sal jy
gewoonlik die aanvanklike verrassing en
opvolgende dankbaarheid van die persoon beleef.
124DOEN VLAK 3 GEBED WERKLIK MET N MAAT EN
DOEN ROLLESPEL OM DIE ANDER VLAKKE IN TE OEFEN EN
VERSKILLENDE SITUASIES WAARIN JY KAN L-10-T TE
ILLUSTREER.(maak n nota van vrae)
125Watter van die drie vlakke van gebed sou
jy sê voel jy op die oomblik gemaklik mee?
Vlakke ___________Hoekom?
126Begin om vlak 2 en 3 gebede in die gesin en
met familie en vriende te doen (as dit makliker
is vir jou om so te begin). Jy kan dit dan later
na vreemder mense uitbrei wanneer jy meer
vertroue het.
127Onthou, L-10-T is nie n kompetisie of
n projek met n bepaalde tydsduur nie! L-10-T is
n nuwe lewenswyse! jy moet jy daarom toelaat om
met hierdie nuwe lewenswyse te eksperimenteer
want jy het n spesifieke persoonlikheid en
spesifieke omgewings waar jy van Maandag tot
Saterdag beweeg.
128MOENIE jouself beperk deur te dink dat jy
nooit in staat sal wees om hardop vlak 2 of 3
gebed te doen nie! As jy eers eenmaal die seën
ervaar het wat mens ervaar as jy hardop vir n
ander bid sal jy nie weer wil stop nie!
129Ons lewens verskil. Jy mag letterlik tien
talle geleenthede daagliks hê om te L-10-T, of jy
mag hier sit en dink dat jy nie een geleentheid
sal hê nie! Gebruik elke geleentheid en as daar
te veel is vra die Heilige Gees se leiding
aangaande watter geleenthede jy moet gebruik.
130Jy is nou gereed om op hierdie nuwe
maar eenvoudige wyse te gaan omgee vir diegene
rondom jou! Dit is ontsettend belangrik dat jy
ook sensitief is vir die leiding van die Heilige
Gees (deur Sy sagte stem wat jou in hierdie of
daardie rigting lei) in enige situasie. Wees ook
sensitief vir die gevoel van jou eie hart die
Heilige Gees mag n sekere geval of tipe behoefte
oor jou pad bring waaraan jy dalk meer aandag wil
gee (bv mense wat MIV/VIGS het).
131L-10-T kan uitgebrei word na organisasies
toe!
132Tot nou het ons slegs van een-tot-een
omgee vir behoeftes gepraat. Individue kan egter
omgee vir organisasies of groepe wat behoeftes
het bv vir jou skool of sportklub of jou dorp!
Vra net wat hulle behoefte is!
133Gelei deur die Heilige Gees kan individue
organisasies soos skole, besighede,
regeringsdepartemente, hospitale, en
polisiekantore nader en met hulle en hul mense
L-10-T. Party van die kragtigste voorbeelde van
L-10-T tot op datum het gebeur wanneer individue
vir organisasies en hul mense begin omgee het!
134Jy weet nie waarheen jou L-10-Tery mag
lei nie!
135Wat as ek vervolg word omdat ek hardop
vir mense bid?
136In lande waar daar godsdiensvryheid is
(soos SA) kan jy wetlik nie vervolg word nie
jy het toestemming gevra om die behoefte aan te
spreek op die beste manier wat jy van weet en as
jy n nee kry hou jy onmiddellik op.
137As satan die geleentheid gebruik om
vervolging te laat kom dan is jy geseënd en die
koninkryk van die hemele is joune (Mat 510-11)!
Dit is nie maklik nie, daarom moet jy nie enige
vervolging alleen probeer dra nie vra die
Heilige Gees vir leiding en kry mense om jou te
ondersteun en goeie raad te gee. Ons sal in
Eenheid 9 verder praat oor die belangrikheid van
ondersteuning.
138Onthou dat jy nooit hoef te stop om te
L-10-T nie want jy kan baie effektief stil,
prakties en emosioneel L-10-T, selfs in die mees
vyandige omgewing!
139Jy is nou gereed om stap 3 te doen!
140STAP 4 Vertel van JESUS
141Die vierde stap is om te evangeliseer
soos jy dit altyd gedoen het as jy die gawe (4
uit elke 100 mense het volgens statistiek die
gawe om te evangeliseer) het om direk te
evangeliseer (iemand te nader oor hul geloof en
hulle dan as hulle gewillig is na n verhouding
met Jesus te begelei).
142As jy nou voel jy wil graag direk
evangeliseer maar jy het nog nooit die opleiding
gehad nie kry die opleiding so gou moontlik
(Sien Bylaag A of kontak jou ouers, jeugleier,
predikant/pastor of ons vir n lys van
moontlikhede).
143As jy een van die 96 is wat nie die
gawe van direkte evangelisasie het nie, wees
gereed om enige vraag wat iemand jou oor jou
geloof vra of oor die rede vir jou omgee of
waarom jy vir mense bid of hoekom jy kniel (30
Second Kneel Down sien Bylaag B) as jy bid te
beantwoord.
144Antwoord altyd net die persoon se vraag
en niks meer nie! Baie mense word deur die
Heilige Gees tot n positiewe besluit vir Jesus
in hul lewens beweeg deur mense soos jy dop te
hou. Jou antwoord mag hulle n stappie nader aan
n volle besluit vir Jesus bring.
145Hulle begin agterkom dat jy n Christen
is. As hulle jou iets vra, wil hulle gewoonlik
slegs die inligting hê waarvoor hulle vra. n
Volgende vraag mag miskien eers oor n paar weke
vir jou of iemand anders gevra word! Doen net jou
deel!
1461 Kor 35-7 5 Wat is Apollos dan? Wat is Paulus?
Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot
geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos
die Here dit vir hom gegee het. 6 Ek het geplant,
Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat
groei het. 7 Dit gaan dus nie om die een wat
plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat
laat groei.
147Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
148Lukas 926 26 Elkeen wat hom vir My en my woorde
skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom
skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid
en die heerlikheid van die Vader en van die
heilige engele.
149Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
150Ons moet altyd gereed wees om ons geloof in
Jesus Christus in die ___________________ te
bely.
openbaar
151Om seker te maak jy is daarop
voorbereid om jou geloof of jou getuienis (hoe jy
n toegewyde Christen geword het) te kan vertel
(indien jy gevra word), skryf jou getuienis of
rede vir geloof hieronder neer. Jou getuienis
behoort drie dele te hê 1. Voordat jy Christus
gevolg het 2 Hoe jy by Jesus uitgekom het
sluit die verlossingsboodskap hier in 3. Hoe jy
vandag as Chirsten leef. (Moenie Christianese
of kerktaal gebruik nie!)
152Vertel dit nou vir iemand (as oefening)!
153Let wel Ons stel voor dat almal
uiteindelik n direkte evangelisasiekursus doen
(Sonder die prakties dan as jy een van die 96
is!) sodat jy jouself kan voorberei om so goed
moontlik te evangeliseer of vrae te kan antwoord
oor hoekom en hoe iemand Jesus as Verlosser kan
aanneem. Verskeie metodes is ontwikkel om mense
na Christus toe te lei, soos die Evangecube,
Heart of Man, die Vier Geestelike Wette, EE3,
die Romeine Pad, die Alpha kursus, kursusse deur
Willow Creek en ander. (Sien Bylaag A) Kies n
manier wat by jou persoonlikheid en/of
denominasie pas.
154Ons verwag dat meer en meer mense deur die
Heilige Gees bekragtig sal word om direk te
evangeliseer, namate hulle vir n geruime tyd
L-10-T (nie net 4 uit elke 100 nie)!
155Wat van mense wat ek ken wat die Here in
hul lewens nodig het?
156Of jy nou n evangelis is of nie wat doen
ons met mense wat ons ken rondom ons of in ons
families wat duidelik Jesus Christus in hulle
lewens nodig het? JY KAN VYF VAT!
157VAT VYF is n L-10-T toepassing binne stap
4
158Indien jy mense teëkom wat werklik die
Here in hul lewens nodig het en jy voel jy wil
spesifiek hulle aan die Here opdra kan jy dit
doen deur n toepassing van L-10-T wat ons Vat
Vyf noem
159Vat Vyf is n 5 vinger Gebedsevangelisasie-
strategie wat jy mag gebruik om effektief te bid
vir mense, wie die Here op jou hart lê, wie Sy
seën in hul lewens nodig het.
160Eerste van Vyf Lys vyf name van mense
(maats, familie, onderwysers, ens) wie jy dink
Christus nie ken nie of wie teruggevalle
Christene is of wie God se seën in hul lewens
nodig het.
161Tweede van Vyf Bid vir elkeen van hierdie
persone vir een minuut elke dag, vir hulle
verlossing of terugkeer na God en enige ander
behoefte wat hulle mag hê.
162Wanneer jy vir hulle bid, bid vir vyf
areas Liggaam, Werksplek, Emosies, Sosiale
Verhoudings, Geestelike Verlossing sien stap 1.
Jy kan ander gebedspunte byvoeg, maar begin deur
hierdie vyf gebedspunte te bid vir die vyf
persone/families)
163Wanneer jy vir die redding van mense bid,
kan jy ook vir God vra dat deur die werking van
die Heilige Gees hulle hulself die volgende vrae
sal afvra
164Wie kan ek vertrou?Wat is my doel in
die lewe?Wanneer sal ek vry wees van my
laste?Waarheen gaan ek na die dood?Waarom haat
ek God?/Waarom hardloop ek weg van Hom?Hoe moet
ek my probleme hanteer?Waar sal ek veilig wees?
Wie kan my beskerm?
165Derde van Vyf Gee om vir jou vyf mense
deur Stap 3 van L-10-T spesifiek op hulle toe te
pas deur hulle te help in hul nood en hul laste
te dra by elke geleentheid onthou dit moet eg
wees!
166Vierde van Vyf Wees gereed om die goeie
nuus van Jesus se verlossing vir hulle met hulle
te deel, volgens L-10-T Stap 4.
167Vyfde van Vyf Volhard in gebed vir die
mense op jou lys tot hulle Christus ontmoet, of
ten minste vir een jaar. As dit familie is
moenie ophou nie!
168Die Here is so getrou daar is baie
getuienisse regoor die wêreld van mense wat deur
die gebed wat andere tot redding gekom het
selfs volwassenes wat deur die gebede van
jongmense gered is!
169Is 5 minute per dag vir 5 siele wat gered
word te veel gevra?
170Jy is gereed om al die stappe van L-10-T te
doen.
171DIE TERUGKOMS DIE L-10-T EFFEK!
172L-10-T verander lewens eerstens jou
eie en tweedens die van die mense met wie jy
L-10-T. Dit behoort ons nie te verbaas nie! Kom
ons lees wat die Lukas 10 dissipels gesê het met
hul terugkeer
17317 Die twee en sewentig het vol blydskap
teruggekom en gesê Here, selfs die bose geeste
onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.
18 Toe sê Hy vir hulle Ek het die Satan soos n
weerligstraal uit die hemel sien val. 19 Kyk, Ek
het aan julle die mag gegee om op slange en
skerpioene te trap en om die vyand met al sy
geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige
leed aandoen. (Luke 1017-19)
174Net so kom gewone jongmense soos jy
deesdae weekliks terug nadat hulle mense se
lewens op die eenvoudige L-10-T wyse aangeraak
het. Jongmense rapporteer met groot
opgewondenheid hoe die HERE hulle toegelaat het
om ander mense Jood en Mohammedaan op
eenvoudige wyse met Hom in aanraking te bring.
175Jesus se reaksie op die terugkoms van die
dissipels behoort ons alles te vertel
176? Lees Lukas 1018-19 2118 Toe sê Hy
vir hulle Ek het die Satan soos n
weerligstraal uit die hemel sien val. 19 Kyk, Ek
het aan julle die mag gegee om op slange en
skerpioene te trap en om die vyand met al sy
geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige
leed aandoen. ... 21 By daardie selfde
geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit
uitgejubel Ek prys U, Vader, Here van hemel en
aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde
mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend
gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige
bedoeling.
177Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
178Jesus verbly Homself grootliks en gee ons
n kykie van die geestelike impak wat L-10-T in
die hemele het! Hy verbly Homself deur die
Heilige Gees teenoor Sy Vader.
179NET SO SAL JESUS DIT VANDAG EN ELKE WEEK
UITJUBEL AS JY BEGIN L-10-T!
180Ons leer ook dat ons nie hoef te ___________
nie.
vrees
181Die belangrikheid van daaglikse of
minstens weeklikse terugvoer
182Probeer ALTYD n plek of persoon kry
waar jy kan kom terugrapporteer oor wat met jou
week se L-10-T gebeur het! Net soos die dissipels
van ouds het ons nodig om te kan vertel en om
aangemoedig te word en ook andere aan te moedig.
Dit kan gebeur in die Christelike vereniging in
jou skool of op jou kampus of by jou werk.
Andersins in die gesin, by n vriend of
onderwyser, in jou kleingroep, by die Sondagskool
of op Sondae by jou gemeente. Jy kan ook n
kuberplek soos Google Groups of vir die doel
gebruik.
183Hoekom is gereelde terugvoer
nodig?L-10-T is n nuwe lewenswyse as mense het
ons groot weerstand teen verandering. Ons
grootste vyande is om te vergeet om dit te doen
of om onsself te vertel dat ons nie nou tyd het
om dit te doen nie!
184Gereelde terugvoer
185Help ons onthouHelp ons om nie
lui te word en te stop nieHelp ons om die nuwe
lewenswyse te internaliseerMotiveer ons as ons
hoor hoe andere vertel wat gebeur het
186Motiveer ons om meer te doen om selfs
hardop vir mense in nood te bid of kragtiger te
wees in ons vertel van Jesus vir andere. Help
om mense te bemoedig wat n Nee ondervind
het.Bemoedig ons om aan te hou en meer mense
deur L-10-T te bereik.
187Jesus het die dissipels twee-twee
uitgestuur. Jy kan vandag iemand kies/vra om jou
buddy te wees en jy sal syne/hare wees. Julle
verbintenis is om mekaar te help om L-10-T n
lewenswyse te maak.
188My buddy(s) is _________________________
189Jy MOET verantwoordelikheid neem om êrens
by n gereelde terugvoersessie in te skakel en n
buddy te hê! Dit is noodsaaklik vir jou nuwe
lewenswyse met God!
190Jy het seker agtergekom dat L-10-T se
stappe nie noodwendig op mekaar volg nie! Elke
stap staan op sy eie. Baie keer lei die een stap
na die ander byvoorbeeld wanneer iemand ons
toelaat om vir hulle te bid dan doen hy dit en
vra ook die Here se seën oor hulle! Wees gereed
om van die een stap na die ander te beweeg!
191Verbind stappe 1 en 3 en wees n seëning
vir ander!
192Wees kreatief! Jy kan oor die foon, per
SMS, e-pos of geselsruimte oor die internet
L-10-T. Gebruik elke moontlike geleentheid wat jy
kry om iemand aan te raak!
193? Lees Lukas 1020 20 En tog moet julle nie bly
wees net omdat die geeste hulle aan julle
onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle
name in die hemel opgeskryf is. 21 By daardie
selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige
Gees dit uitgejubel Ek prys U, Vader, Here van
hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en
geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges
bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u
genadige bedoeling. 22 My Vader het alles aan My
toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie
behalwe die Vader, en wie die Vader is nie
behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit
wil bekend maak. 23 Toe draai Jesus Hom na sy
dissipels afsonderlik en sê vir hulle Hoe
bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien, 24
want Ek sê vir julle Baie profete en konings het
daarna verlang om te sien wat julle nou sien, en
hulle het dit nie gesien nie en om te hoor wat
julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie.
194Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
195Jesus waasku ons om nie ___ _________ van onsself
te dink as __________ ons L-10-T gebede verhoor
nie.
te veel
Hy
196Ons kan nooit sê dat enige resultaat net
van ons gebede af gekom het nie. Ons glo dat God
al ons gebede verhoor (as daar nie hindernisse is
nie), maar daar mag ander faktore (en gebede)
ook wees wat n rol gespeel het.
197Voel jy dat jy nou deur L-10-T beter in
staat is om Jesus se opdragte uit te voer?
198Maak seker deur weer terug te dink aan
Eenheid 3 4.
199Groot Opdrag _________________________
200Eerste Groot Gebod _______________________
__
201Tweede Groot Gebod ________________________
_
202Minderbevoorregtes _______________________
__
203Jesus volg _________________________
204n Vriend van Jesus wees
_________________________
205Jou geloof te bou ________________________
_
206Vir ander te bid ________________________
_
207L-10-T bring vrede en vervulling!
208L-10-T werk op enige plek
209L-10-T werk vir ouens wat direk
evangeliseer dit brei hulle impak uitL-10-T
werk vir die 96 - dit bemagtig hulle om ook
mense vir Jesus te bereik
210L-10-t werk in lande met godsdiensvryheid
jy kan vreugde ervaar deur die Here se liefde
aan almal rondom jou uit te deel soos jy deur jou
lewe gaan as voltydse bedienaar van God
211L-10-T werk vir Christene in lande waar
daar vervolging van geloof is jy kan stil
L-10-T in gebed en sterk leun op stap 2 en die
fisiese deel van stap 3. Deur Vat Vyf kan jy
konstant uitkyk en L-10-T toepas op ongeredde
mense wat die Here spesifiek onder jou sorg wil
bring.
212L-10-T VEROORSAAK N GEESTELIKE STRYD IN DIE
HEMELE!
213KOMAAN!
214Jy moet GOU begin L-10-T! Ten minste binne
4 dae van hierdie opleiding anders gaan jy nie!
215Jakobus 214-17 14 Wat help dit, my broers, as
iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig
dit nie? Kan so n geloof n mens red? 15 Sê nou
daar is n broer of n suster wat nie klere het
nie en dag vir dag honger ly, 16 en sê nou een
van julle sou vir hulle sê Mag dit met julle
goed gaan gaan trek julle warm aan en eet
genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat hulle
nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
17 So gaan dit ook met die geloof as dit nie tot
dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
216Wat tref jou die meeste in bogenoemde
verse?
217Jy het n definitiewe plan nodig om te
begin en aan te hou L-10-T!
218Noudat jy jou opleiding voltooi het is die
volgende 21 dae krities om n L-10-T gewoonte te
vorm. Gebruik die meegaande tabel om jou eerste
21 dae (die periode om n gewoonte te vorm) se
L-10-T te monitor wat jy meet sal jy doen!
219Dit vat 21 dae om n gewoonte te vorm 21
maande verander n lewenswyse! (van die 30KD
gids). Hou dus vir ten minste 21 maande aan!
220Skryf neer hoe jy graag jouself sal sien
L-10-T binne die volgende 12 maandeStap 1Stap
2Stap 3Stap 4
221Terugvoering (in watter groep en met watter
buddy beide om te bemoedig en om bemoedig te
word)
222Skryf spesifieke planne neer hoe jy gaan
aanhou tot L-10-T jou lewenstyl is (dit is vir
die volgende 21 maande)
223Jy is gereed Vir die L-10-T Lewenstyl!
224- Jerigo Mure Internasionale
- Gebedsnetwerk
- ? 011 824 1985 (Lenthia)
- ? 082 650 5684 (Willem)
- ? lenthia_at_jwipn.com
- wjoubert_at_icon.co.za
- Webtuiste www.jwipn.com