Lied 500: 1 - PowerPoint PPT Presentation

1 / 376
About This Presentation
Title:

Lied 500: 1

Description:

Gods dade is volmaak en goed, sy wil is altyd heilig. Hy sal my altyd trou behoed, en by Hom is ek veilig. L 598:2 Die Christus het verskyn op aarde en aan 'n ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:1789
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 377
Provided by: drjohan
Category:
Tags: lied

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Lied 500: 1


1
Lied 500 1
Gods dade is volmaak en goed, sy wil is altyd
heilig. Hy sal my altyd trou behoed, en by Hom is
ek veilig.
2
L 5001 (vervolg) Sy hulp is groot in al my
nood beskerm Hy teen gevare deur al my lewensjare.
3
L 5002 Gods dade is volmaak en goed, Hy sal my
nooit begewe. Ook as ek deur die dieptes
moet, bly Hy my lig en lewe. Wie op Hom bou, op
Hom vertrou, vind steeds by Hom
beskerming, genade en ontferming.
4
L 5003 Gods dade is volmaak en goed, sy trou is
altyd seker. Waar ons nog na 'n uitweg soek, weet
hy reeds wat is beter. Voor God se wil word ons
dan stil - in Hom is ons vertroue deur Hom bly
ons behoue.
5
Lied 501 1
Ek het toe wilde storms gewoed het, diep onder,
vaste rots gevind. Die woord wat my van ramp
behoed het
6
L 5011 (vervolg) God is my Vader ek sy
kind. My anker is dáár vasgemaak - ek glo! - niks
sal dit los laat raak.
7
L 5012 Dié vastigheid het die Getroue, my
Heiland, met sy dood gelê. Ek is Gods kind en in
vertroue kan ek dit glo sal ek dit sê. Al kom
daar onweerswolke aan, die woord is vas Die rots
bly staan.
8
Lied 502 1
Vol vertroue, vas en veilig, bou ek op die Heer
my hoop. Hy is koning wat, almagtig, heers oor
voorspoed en oor nood Hy het my steeds
gelei dankbaar wil ek dit bely.
9
L 5022 Sou ons werklik ons vertroue aan
verganklikheid verpand toekomsdrome, strewe,
wense, bou op fondament van sand? Wat bestaan,
sal vergaan God se Woord bly ewig staan.
10
L 5023 God wat ryk is in genade géé, al het ons
niks verdien. Ons kan ook in pyn en skade nog sy
sorg en liefde sien. Hy behou my en jou - vas kan
ons op Hom vertrou.
11
L 5024 U bestuur sekuur en magtig die
onmeetlike heelal. Nooit laat U, wat U begin
het, uit u skepperhande val. U, o Heer, U regeer
- aan U alle lof en eer.
12
L 5025 Dankie dat u Seun, o Vader, God is, en
ook ware mens dankie dat u Gees genadig hoop
laat vlam oor tyd en grens. U is trou U
behou wat ons glo, sal ons aanskou!
13
Lied 503 1
Jesus, Rots, my hoop vir ewig, veilig kan ek op U
bou. U is Heer, my anker stewig, vas kan ek op U
vertrou. Deur u mag, deur u krag dra U my van dag
tot dag.
14
L 5032 U, my hoop, my koers op aarde - U gee
aan die lewe sin. Heer, U gee my lewe
waarde, nuut kan ek met U begin. U vergeef, U
laat leef - in u krag kan ek oorwin.
15
L 5033 U, my hoop, my hede, toekoms, leer my
werk en bid en wag. U gee op my sugte
uitkoms, inspireer my elke dag. Aan U, Heer,
altyd weer lof, aanbidding, dank en eer!
16
Lied 504 1
Kom, laat ons saam tot Jesus nader met blye
uitsig op ons lot! Hy het die heilsplan van die
Vader vir sondaars reeds volbring by God.
17
L 5041 (vervolg) Sy werk van Goddelike
waarde, die eeue deur met hoop verwag, het Hy
volbring Loof, hemel, aarde, loof Hom, die Lam
vir ons geslag.
18
L 5042 O Jesus, u verlossingsdade bevry ons van
die sondestraf! U't God behaag en in genade wend
Hy sy oordeel van ons af. Nooit kan ons deur ons
eie strewe self voor die heil'ge reg bly staan U
kruis, die boom van nuwe lewe, het Edens poort
weer oop laat gaan.
19
L 5043 Voor U lê al ons vrees en twyfel, ons
ydelheid en wense oop. U sien ons voor die
waarheid weifel of aarsel voor ons
lewenshoop. Heer, na wat U vir ons gely het, laat
ons met blydskap werk en bid. Heer, U wat ons tot
diens bevry het, neem van ons lewe vol besit!
20
L 5044 Soos vas beloof aan voorgeslagte voldoen
U aan die heil'ge reg. Gewillig loop U, as
veragte, alleen die donker lydensweg. Alleen
drink U die lydensbeker U dra ons
ongeregtigheid. Die vonnis maak ons vryspraak
séker - hoe groot is u barmhartigheid!
21
L 5045 Ons wil U wy ons hele lewe, U volg waar U
ons ook mag lei - aan U, o Here, hoog,
verhewe, en aan u diens steeds toegewy. Spreek
deur ons woorde, rig ons dade Voleinder, gee dat
deur u krag die heerlik' werk van Gods genade in
ons volbring word dag na dag!
22
Lied 505 1
Jesus, U gaan voor ons volg in u spoor. U ken
alle lewenspaaie, al die hoogtes, dieptes,
draaie. Kom en vat ons hand na die Vaderland.
23
L 5052 Jesus, U gaan voor - ons volg in u
spoor. Laat ons selfs in donker dae altyd volhou
sonder klae. Ons wil soms bly staan, as U
voorwaarts gaan.
24
L 5053 Jesus, U gaan voor - ons volg in u
spoor. Ons word vry van sondebande, van
verslawing, skuld en skande. U is in beheer, ons
Verlosser, Heer.
25
L 5054 Jesus, U gaan voor - ons volg in u
spoor, ook waar niemand dit wil waag nie, waar
niks anders ooit sal slaag nie. U wat alles
sien, leer ons sinvol dien.
26
Lied 506 1
O Heer, u liefde wondergroot maak my van sonde
vry. U Seun ontruk my aan die dood, Hy dra die
kruis vir my.
27
L 5062 U hulp, u liefde onbegrens laat my van
vreugde juig U deernis met 'n dwase mens laat my
eerbiedig buig.
28
L 5063 Genade so oneindig wyd - U skenk dit
weer en weer. Dit is die hoogste heerlikheid dat
U my liefhet, Heer.
29
Lied 507 1
Hemelse Vader, U heers op u troon, U is ook oral
waar ons woon. Dit is ons troos as ons twyfel of
vrees U sal ons God vir ewig wees.
30
L 5072 Volke mag worstel en oorlog
verklaar, mense mag stryd voer met
mekaar. Sterre, planete mag brand en vergaan - U
troon sal ewig bly bestaan.
31
L 5073 Smart of tragedie mag ons hier oorval
- dit tref ons male sonder tal. As ons verbyster
net staan en bly staar, bly U ons God. U's altyd
daar!
32
L 5074 Vader,ons weet ons kan nêrens heen
dwaal U sal ons altyd weer kom haal. Niks stuit u
liefde en majesteit, Here ons God, in ewigheid.
33
Lied 508 1
Vaste Rots op wie ek bou, een op wie ek kan
vertrou. Rots by wie ek altyd skuil U is
skenker van my heil. As die golwe oor my
slaan, bly my Rots vir ewig staan.
34
L 5082
Sonde woed met alle
mag, onrus kwel my dag en nag. In my sonde
vasgevang, laat U my na U verlang. U het alles
vir my veil - God, my Rots van ware heil
35
Lied 509 1
Op berge en in dale en oral is my God waar ons
ook telkemale mag swerwe, daar is God!
36
L 5091 (vervolg) Waar ons gedagtes swewe of
styg, ook daar is God omlaag en hoog verhewe ja,
oral is my God!
37
L 5092 Sy troue vaderoë sien alles van naby ons
leef uit sy vermoë - word deur sy Gees gelei. Die
swaeltjies behoed Hy, beklee met gras die
dal die kleinste wurmpie voed Hy, sorg vir die
groot heelal.
38
L 5093 Die diere op die aarde, die visse in die
see, die mossie en die arend, die blomme, veld en
vee, met al sy ander werke, verkondig dag en
nag sy goedheid sonder perke die grootheid van
sy mag.
39
L 5094 Roem, Christen, heel my lewe is veilig in
my God waar alles my begewe, of waar ek ly, is
God waar troue vriendehande nie red nie, daar is
God selfs in die dood se bande ja, oral is my
God!
40
Lied 510 1
Genade, onbeskryflik groot het U aan my
bewys verlore seun - n wegloopkind - weer in
die vaderhuis.
41
L 5102 Ek is die naam van kind nie werd - wou
self my sake reël. My lewe, kanse, tyd en geld is
nutteloos verspeel.
42
L 5103 Maar U sien ver, oneindig ver. U sien
my honger, dors. Nog voordat ek kon skuld
bely, druk U my aan die bors.
43
L 5104 Genade, onbeskryflik groot - daar's
fees, ek is weer tuis. U Seun bring my - verlore
mens - weer in die vaderhuis.
44
Lied 511 1
Lei U ons, Lig, deur hierdie duisternis, lei U
ons, Heer! Steil is die pad waarop ons pelgrims
is,
45
L 5111 (vervolg) lei U ons, Heer! Wys U die
weg, ons wil U ewig volg. Waar U mag lei, sal
ons getrou U volg.
46
L 5112 Al wou ek self my lewenspad hier meet, al
wou ék lei noudat ek weet, nou vra ek U, ek
smeek Sal U my lei? Ja, ek was dwaas, verlei
deur ydelheid. Vergeef nou, Heer! Vergeet tog
daardie tyd.
47
Lied 512 1
Nader, my God, by U, nog naderby. U is om
Christus wil Vader vir my. U liefde bly my by
- nader, my God, by U, nader, my God, by U, nog
naderby.
48
L 5122 U ken my angs en vrees, U staan my by. U
lei my deur u Gees, maak my weer vry. U Woord
verseker my Nader, my God, by U nader, my God,
by U, nog naderby.
49
L 5123 Waar hartseer, pyn en leed my weerloos
laat, sal U my nooit vergeet my nooit
verlaat. Deur lyding bring U my nader, my God, by
U, nader, my God, by U, nog naderby.
50
Lied 513 1
Soek in God jou sterkte kry by Hom jou krag met
sy wapenrusting klee Hy ons met mag. Nie teen
medemense is ons worstelstryd,
51
L 5131 (vervolg) maar ons veg teen Satan en sy
sluwe listigheid. Hy stuur bose magte in die
wêreld in, maar met God se wapens kan ons hul
oorwin
52
L 5132 Waarheid en Gods vryspraak hou ons op
ons pos, dan klink bly die boodskap dat die Heer
verlos. Ons geloofsvertroue is n skild wat keer -
53
L 5132 (vervolg) daarmee kan ons elke
brandpyl van die Bose weer. Ons bly van
verlossing altyddeur bewus en met God se
swaard, sy woorde, toegerus.
54
L 5133 Doen dit alles biddend, soos die Gees
ons lei. Laat ons altyd waaksaam en gelowig
bly! Almal wat bly volhou, saam bly bid en werk
55
L 5133 (vervolg) deel in die geheim van God se
koninkryk en kerk. Hy maak ons vrymoedig, swakkes
gee Hy krag - met sy wapenrusting klee Hy ons met
mag!
56
Lied 514 1
Ek weet vir seker Jesus is Heer - Hy het my
sonde uit liefde vergeef. Ek was verlore, maar is
gevind nou het ek vrede - ek is Gods kind.
57
L 5141(vervolg) Hy is my leidsman - Hy laat my
leef. Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer. Uit sy
genade, liefde en trou, weet ons hoe God sy
kinders behou.
58
L 5142 Lig is sy las en sag is sy juk. Hy gee
vermoeides die ware geluk. Selfs as ek struikel,
en dit berou - Hy sal vergewe, Hy bly getrou. Hy
is my leidsman - Hy laat my leef. Hy is
oorwinnaar - Hy is die Heer. Uit sy genade,
liefde en trou, weet ons hoe God sy kinders behou.
59
Lied 515 1
Soms kyk ons soekend om ons rond - ons smag na
sin en vrede. Ons voel oorspoel deur
sinloosheid in ons gejaagde lewe.
60
L 5152 Ons kom tot U, wat deur u Seun, ons roep
tot sin en vrede. Om U te ken, bring waarlik
sin in ons gejaagde lewe.
61
L 5153 Bewaar my van my sin te soek in my
gejaagde lewe. Laat my alleen op U vertrou - die
bron van sin en vrede.
62
Lied 516 1
Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie, al sou
die wingerd sonder druiwe staan die graan
verdor, die vrugteboorde wegkwyn, die beeste,
kleinvee, alles hier vergaan -
63
L 516 (vervolg) Nog sal ek juig en bly wees in
my God! Hy is my hulp, Hy gee my krag. Hy laat
my loop waar rats die ribbok gaan Hy laat my
vas en veilig staan
64
Lied 517 1
Leer ons U vertrou, o Here, leer ons lewe U ter
ere, leer ons reken op u krag, leer ons sing
selfs in die nag, in die nag, leer ons sing,
selfs in die nag.
65
L 5172 Leer ons hoop in moeilikhede en U dank in
ons gebede, voor U leef met stil ontsag gee ons
vreugde elke dag, elke dag, gee ons vreugde elke
dag.
66
L 5173 Leer ons om ons nie te kwel nie of oor
môre te ontstel nie. Ons is, Heer, aan U verbind
- maak ons rustig soos 'n kind, soos 'n
kind, maak ons rustig soos 'n kind.
67
Lied 518
Voel jy soms of die Here te vér is? Twyfel jy
soms aan God se bestaan? Jy moet glo dat die
Heer met jou saamloop, dat sy Gees oral met jou
sal gaan.
68
L 518 (vervolg) Jesus sê Hy kom weer, Hy kom uit
die hemel neer, met basuin en geskal kom Hy al sy
mense haal.
69
L 518 (vervolg) Deur sy Woord weet ons Jesus gaan
t'rugkeer na ons wêreld met alles daarin. Wat
gebreek is, sal Jesus kom heelmaak deur sy Woord
weet ons alles maak sin.
70
L 518 (vervolg) Hoor hoe sag waai die wind, kyk
die glimlag van 'n kind. Maak jou los van die
kwaad dis jou Skepper wat hier praat.
71
L 518 (vervolg) Voel jy soms of die Here te vér
is? Twyfel jy soms aan God se bestaan? Jy moet
glo dat die Heer met jou saamloop, dat sy Gees
oral met jou sal gaan.
72
Lied 519 1
Wees stil en weet Ek is die Heer. Ek spreek en
wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou
bewaar.
73
L 5192 Wees stil en weet Ek is die Heer. Ek
ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek
gee jou krag.
74
L 5193 Wees stil en weet Ek is die Heer. Kom
bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou
n toevlug wees.
75
L 5194 Wees stil en weet Ek is die Heer. Bly
waak en bid volhard in geloof. Ek is by jou
soos Ek beloof.
76
Lied 520 1
Saam buig ons neer om God te eer - deur één Gees
tree ons nader as kinders van één Vader. Ons is
in Jesus, onse Heer, deur één geloof verbind van
harte eensgesind.
77
L 5202 Wil U ons in u liefde lei en leer ons
daarna strewe om dankbaar te kan lewe. Ons wil
aan U verbonde bly - in Christus saamgebind van
harte eensgesind.
78
Lied 521 1
Erkentlik deur die dae, my aardse lewe lank, wil
ek die Here lofsing wil ek die Here dank
79
L 5211 (vervolg) vir wat Hy uit genade so ruim
aan my bewys wil ek Hom vir sy dade solank ek
lewe, prys.
80
L 5212 Erkentlik deur die dae, so lank as ek
bestaan, wil ek my blydskap uitsing in ootmoed
voor Hom gaan, omdat Hy my versadig, omdat ek
niks verlang as wat ek uit sy hande so onverdiend
ontvang.
81
Lied 522 1
U liefde en u trou, o Heer, omvat die aarde dit
is getuienis van u versorgingsdade.
82
L 5221 (vervolg) Ook ek het hier 'n plek, 'n
tuiste in die land, ek glo en ek bely U het my
hier geplant.
83
L 5222 U wat vermoëns gee, o Bron van alle
goedheid - ek vra 'n vaste gees en bid vir my
gesondheid. Laat my die sin ervaar om U daarmee
te dien, want U het my genooi om na U op te sien.
84
L 5223 Gee vir my dagtaak, Heer, die insig in
wat saak maak waar ek met ander werk of waar ek
oor my huis waak. Gee dat ek in my amp my roeping
waardig bly bo-al my plig kan doen, aan U my
offer wy.
85
L 5224 Gee my inskiklikheid teenoor my naaste,
Here, om met my medemens in harmonie te lewe. Die
vrede bo verstand wat net U stuur, bid ek Laat
dit my hart beheers en oor my denke strek.
86
L 5225 Is dit u wil vir my dat ek in voorspoed
lewe, leer my erkentlikheid aan U, my Heer, die
gewer. Maar as ek teenspoed tref en droefheid ook
moet ly, wil U my dan vertroos, my daardeur
begelei.
87
L 5226 Is dit u wil vir my om oud te word in
jare, gee my dan waardigheid, 'n kroon van gryse
hare. En wanneer ek moet sterf laat rus my in die
grond om eenmaal op te staan in ewig môrestond.
88
Lied 523 1
Goddelike liefdebande bind in Jesus mense
saam, bind uit alle wêreldlande die verlostes in
sy Naam één in gees, geloof en doop, één in
keuse, liefde, hoop.
89
L 5232 Ja, n groot verloste skare sien ons op
sy roepstem kom groter groei dit met die
jare alle volke huldig Hom! Kinders by hul Vader
tuis - vreugde, oral, vul sy huis!
90
L 5233 Groot is sy geduld en liefde Jesus
Christus, God en mens. In ons wek Hy naasteliefde
stuur ons na ons medemens. Mense eensaam,
honger, naak, dié kom Hy ons naastes maak.
91
L 5234 Laat ons liefde en gebede vir mekaar ons
hegter bind. As Hy kom, die vors van vrede, mag
Hy ons só werksaam vind. Kom, ja kom, so roep die
bruid en die Gees verlangend uit.
92
Lied 524 1
God roep ons om met woord en daad, vir Hom te
leef en werk. Hy roep ons deur sy Woord en
Gees en maak van ons sy kerk.
93
L 5241 (vervolg) Hy kies, bewaar en
onderhou Hy inspireer en bou. Geloof wat deur
die liefde werk, hou aan, bly groei, maak sterk.
94
L 5242 God roep, en salf ons met sy Gees tot
koning en profeet tot priester, met 'n hart en
hand vir hul in nood en leed. Hy leer ons om te
werk en bid, om berge te versit. Hy wat vir ons
die gawes gee, maak ons vir diens gereed.
95
L 5243 Ek hoor U roep ek ken u stem ek luister
na u woord. Laat, Here, ons gehoorsaam wees, U
dien soos wat dit hoort. Waar kan 'n groter
vreugde wees, o Vader, Seun en Gees? Deur omgee
en met uitreik, Heer, gaan ons met blydskap voort.
96
Lied 525 1
Here, hoe blymoedig en in dank oorvloedig maak U
my die hart. U gee ons u seën soos n milde reën
97
L 5251 (vervolg) U vertroos in smart. Ja, ons
weet, ook in ons leed leef ons onder u
genade vrees ons nie die kwade.
98
L 5252 Ook in sterwensmarte weet ons in ons
harte Ons Verlosser leef! En die liggaam,
sterflik, sal U onverderflik
99
L 5252 (vervolg) eenmaal laat herleef. Laaste
vyand, aardse dood, hoe ons soms vir jou ook bewe
- Christus is ons lewe!
100
L 5253 Heer, U gee u lewe, so word ons
vergewe en verlos van dood. In U groot ontferming
- gee U ons beskerming -
101
L 5253 (vervolg) Redder uit die nood! Ons sal,
tot u eer, o Heer, in U heil met blydskap lewe
- aan U oorgegewe.
102
Lied 526
Waar daar liefde is, en deernis, waar daar
liefde is, daar is God die Heer.  2. Ubi caritas
et amor Ubi caritas Deus ibi est.
103
Lied 527 1
Die werk behoort aan U, ons Heer - die werk
waarin ons staan. Gee daarom, Heer, dat hierdie
werk nooit sal ten gronde gaan. Die koringsaad
sal eers moet sterf,
104
L 5271 (vervolg)  dan oes die boer die goue
gerf. Laat ons ook só onsself verloën, ons werk
geen jaag na roem vertoon. Seën U ons werk, maak
ons in ywer sterk
105
L 5272 Deur lyding heen het U, ons Hoof, die
vreugde in gegaan. Laat ons ook met volharding,
Heer, óns pad met vreugde gaan. Gebruik ons in u
koninkryk,
106
L 5272 (vervolg) maak ons aan Christus meer
gelyk. En as ons by die einddoel kom, wanneer ons
loflied híér verstom, laat dan, o Heer, ons lied
U ewig eer.
107
Lied 528 1
Leer my u wil, Heer, u doel met my - U,
Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak my
volgens u wil op U vertrou ek, nederig stil.
108
L 5282 Leer my u wil, Heer, u plan vir
my laat ek nie doelloos, nutteloos bly. Hou my
erkentlik, Heer, in u werk As ek dan swak is,
maak U my sterk.
109
L 5283 U gee u gawes net soos U wil almal is
diensbaar, elk met verskil. Vul met u Gees my,
breekbare kruik, dat U my oral nuttig gebruik.
110
Lied 529 1
Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer, want aan
sy liefde, sy troue liefde is geen einde nie, is
daar geen einde nie (2x)
111
L 5292 Sing vir die Heer. Sing tot sy
eer, besing sy dade, vergeet ook nie die goeie
wat Hy doen die goeie wat Hy doen (2x)
112
L 5293 Bid tot die Heer. Aanbid die Heer, met
hoë agting, met volle eerbied word sy Naam
genoem sy Naam word hoog geëer (2x)
113
L 5294 Dank, dank die Heer. Ons dank die
Heer, want Hy is liefde, sy trou en goedheid duur
in ewigheid, dit duur in ewigheid (2x)
114
Lied 530 1
Praat ek mense-, eng'letale, maar dis nie uit
liefde nie, is my woorde hol simbole - klanke
sonder melodie.
115
L 5301 (vervolg) Al kan ek geheime
uitlê, berge deur geloof versit, of al het ek al
die kennis - sonder liefde is ek niks.
116
L 5302 Sonder liefde sal my gawes, al my ywer,
my nie baat Net die liefde, onbaatsugtig, bly
oorwin met goed die kwaad. Onreg kan dit nie
verdra nie, dit is met die waarheid bly. Deur
vergifnis, hoop, verwagting, kom die beste in ons
vry.
117
L 5303 Al die tale, profesieë, met die tyd gaan
dit verby. Net die liefde, die volmaakte, kom en
sal vir altyd bly. Want geloof gee troos en
rigting na die toekoms reik die hoop - liefde is
en bly die grootste Liefde sluit die lewe oop.
118
Lied 531 1
Ons Here, God van alvermoë, U sal ons met u guns
omvou. U gee aan blindes nuwe oë, Heer, U laat
hul op U vertrou. Ons volg getrou u Gees se
leiding, God, U is Heer, U skenk bevryding.
119
L 5312  Ons harte sing van u genade, Heer, U is
steeds getrou en goed. Ons prys U vir u
reddingsdade, ons God wat altyd ons behoed. Ons
wy aan U ons hele lewe, u eer is hier ons hoogste
strewe.
120
Lied 532 1
Ons Vader, neem ons hande en maak ons
een. Versterk u self die bande - gee ons u
seën. Bind ons in u genade aan U, o Heer, en leer
ons om met dade u Naam te eer.
121
L 5322 Heer, wees vir ons n Vader wat sorg en
sien. Trek ons in Christus nader om U te
dien. Laat, Heer, u Gees ons voorgaan, laat Hy
ons lei, dat ons u Woord gehoorsaam, ons aan U
wy.
122
L 5323 Leer ons mekaar vergewe, mekaar
vertrou. Laat ons die hele lewe op liefde
bou. Laat heers oor ons u vrede, en bind ons
saam. Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.
123
Lied 533 1
Stuur ons, Here, stuur ons Here, stuur ons
Here, in u Naam!
124
L 5332 Gee ons krag, Heer, gee ons krag,
Heer, gee ons krag, Heer, in u naam!
125
L 5333 Ons sal gaan, Heer, ons sal gaan,
Heer, ons sal gaan, Heer, in u Naam!
126
L 5334 Thuma mina, thuma mina, thuma mina,
Somandla. (Zoeloe)  5. Sendiyavuma,
sendiyavuma, sengdiyavuma, Somandla/Amandla. (Xhos
a) 6. Roma nna, roma nna, roma nna, Modimo (Sotho)
127
Lied 534 1
Stuur ons uit, Heer, (3x) in u Naam! Gee ons
krag, Heer, (3x) in u Naam! Laat ons gaan, Heer,
(3x) in u Naam!
128
L5341 (vervolg) Thuma mina, thuma mina, thuma
mina, Somandla. (Xhosa) Seng'ya vuma, seng'ya
vuma, seng'ya vuma, Somandla. (Zoeloe) Roma nna,
roma nna, roma nna, Modimo
129
Lied 535 1
Staan deur u Gees, o Here, die egpaar altyd
by, sodat hul, U ter ere, hulself aan U kan wy.
130
L 5351 (vervolg) Bewaar hul teen die
kwade, die Bose wat verlei gee aan hul u
genade dat hul steeds trou sal bly.
131
L 5352 Gee dat hul deur die lewe mekaar tot
hulp sal wees bo selfsug ook verhewe en één van
sin en gees. Dit is u welbehae dat hul in liefde
woon plaas U oor al hul dae, o Heer, 'n
vreugdekroon.
132
Lied 536 1
Heer, ons bid vir hierdie egpaar Sterk hul
liefde meer en meer. Bind hul twee-heid tot 'n
eenheid, laat hul lewe tot U eer.
133
L5362 Maak hul huis vir hul 'n tuiste - vol
geloof en vol gebed. Laat hul ook in swaarder
tye vas vertrou dat U sal red.
134
L5363 Maak in voorspoed hulle dankbaar oor die
seën wat U bring, en as teëspoed oor hul pad
kom dat hul steeds oor U sal sing.
135
L5364 Heer, omvou hul met u liefde waar hul
lewe heen mag lei. Maak hul diensbaar en
geduldig laat hul altyd in U bly.
136
Lied 537 1
Ons Vader, neem hul hande en maak hul
een. Versterk u self die bande - gee hul u
seën. Bind hul in u genade aan U, o Heer, en leer
hul om met dade u Naam te eer.
137
L 5372 Heer, wees vir hul n Vader wat sorg en
sien. Trek hul in Christus nader om U te
dien. Laat, Heer, u Gees hul voorgaan, laat Hy
hul lei, dat hul u Woord gehoorsaam, hul aan U
wy.
138
L 5373 Leer hul mekaar vergewe, mekaar
vertrou. Laat hul die hele lewe op liefde
bou. Laat heers oor hul u vrede, en bind hul
saam. Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.
139
Lied 538 1
Heer Jesus, U was self 'n kind U laat U ook deur
kinders vind. O laat ons nooit u Naam vergeet óns
wat deur U Gods kinders heet.
140
L 5382 O Here, maak ons harte rein, beskerm,
bewaar ons - ons is klein maak ons in liefde
sterk en groot, maak ons getrou tot in die dood.
141
L 5383 O Heer, U gee u Woord en Gees om ons tot
lig en gids te wees. Lei U ons veilig op die
pad en bring ons in die nuwe stad.
142
Lied 539 1
Tien meisies, met hul lampe, wag op die
bruidegom. Vyf meisies was verstandig, die ander
gee nie om.
143
L 5391 (vervolg) Die bruidegom kon laat wees
- dit het hul skoon vergeet. Die vyf met ekstra
olie was vir die wag gereed.
144
L 5392 Tien meisies, met hul lampe, word almal
later vaak. Al laer brand die vlamme. Al tien
raak aan die slaap. Tot middernag, toe,
skielik "Hier kom die bruidegom!" Kry reg jul
vreugdeligte. Staan op, verwelkom hom."
145
L 5393 Tien meisies met hul lampe wag op die
bruidegom. Vyf meisies was verstandig, die ander
gee nie om. Tien meisies met hul lampe - net vyf
was voorbereid. Dié vyf vier vrolik bruilof saam
in Gods Koninkryk.
146
Lied 540 1
Onthou jul nog wiet lank terug die aarde goed
gemaak? Ons God en Vader wat nooit slaap, wat
altyd oor ons waak.
147
L 540 (vervolg) Vir mossies sorg Hy dag na
dag vir lelies in die vlei. Vir óns het Hy sy
Seun gestuur - hoe lief het Hy vir my!
148
Lied 541 1
Ons bring aan U, Heer Jesus, ons lof en dank en
eer. Ons wil U met ons lewe, terwyl ons jonk is
,eer
149
L 5411 Refrein Beheer ons hart en lewe, o
Here deur u Gees. Laat al ons doen en late vir U
n vreugde wees.
150
L 5412 Ons wil U dien, Heer Jesus, met ywer en
met krag. Help ons om as u kinders, te doen wat U
verwag.
151
Refrein Beheer ons hart en lewe, o Here deur u
Gees. Laat al ons doen en late vir U n vreugde
wees.
152
Lied 542 1
Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys U! Laat ons
met eng'le 'n loflied sing - nie meer verlore U
is gebore! Ontvang die dank wat ons U bring!
153
L 5422 Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys
U! Neem U ons harte en maak dit rein dat ons,
gelowig, U dien met liefde ontvang die lof van
kinders klein.
154
Lied 543 1
Here Jesus, ek is klein, maak U self my lewe
rein. Laat ek altyd van U leer, laat ek grootword
tot u eer.
155
L 5431(vervolg) O Jesus, neem my, o Jesus, lei
my, o Jesus, sterk my en vorm my tot u eer.
156
L 5432 O Verlosser, maak my sterk vlytig om vir
U te werk laat my tog gehoorsaam bly. altyd gaan
waar U my lei. O Jesus, neem my, o Jesus, lei
my, o Jesus, sterk my en vorm my tot u eer.
157
L 5433 Heiland, laat my nooit vergeet dat U
alles van my weet, al is niemand ook by my, sal
U, Here, by my bly. O Jesus, neem my, o Jesus,
lei my, o Jesus, sterk my en vorm my tot u eer.
158
Lied 544 1
Soos die voëltjies van die hemel wat nie ploeg
nie, saai of plant so ontvang ons elke dag weer
alles uit die Heer se hand.
159
L 5442 Soos die skape in die weiveld veilig by
hul herder bly, sorg die Heer, die goeie
Herder, in sy liefde ook vir my.
160
L 5443
Dis
die Heer wat alle lewe veilig in sy hande hou. Hy
laat leef ons bly en dankbaar - Hy versorg vir my
en jou.
161
Lied 545 1
Jesus kom na Jerusalem toe sing hosanna! Baie
mense by die fees hoor Hy kom hiernatoe.
162
  • L 5451 (vervolg)
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!

163
L 5452 Jesus kom na Jerusalem toe - sing
hosanna! Palmtakke in die hand gaan hul Hom
tegemoet.
164
  • L 5452 (vervolg)
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!

165
L 5453 Jesus kom na Jerusalem toe - sing
hosanna! Op 'n donkie ry die Heer terwyl die
mense roep
166
  • L 5453 (vervolg)
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!
  • Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
  • (AB) Sing hosanna! Loof die Heer!

167
Lied 546 1
'n Man was van Jerusalem na Jerigo op pad. Die
rowers het hom aangeval en al sy goed gevat.
168
L 5462 'n Priester het daarlangs gekom, maar
net verbygegaan. Ook die Leviet het hom sien
lê en in sy pyn laat staan.
169
L 5463 Maar toe het daar 'n vreemdeling uit
jammerte gestop. Sy wonde is toe skoon gewas
en kry ook olie op.
170
L 5464 Hy neem hom na die herberg toe en haal
twee munte uit. Wanneer hy later weer daar
kom, betaal hy elke duit.
171
L 5465 Nou wie van hierdie drie, dink jy, het
naastediens verstaan? Die priester en Leviet het
nie, net die Samaritaan.
172
L 5466 Het jy die storie mooi verstaan? Wil jy
vir Jesus dien? Dan moet jy elke mens om jou
ook as jou naaste sien.
173
Lied 547 1
Alle volke klap jul hande juig tot eer van
God Verhef jul stem en roem sy Naam in elke stad
op aarde!
174
Refrein Sing en sing en sing dan saam loof en
prys sy grote Naam want Hy is ewig Koning in die
hemel en op aarde sing en sing en sing dan
saam loof en prys sy grote Naam want die
Hemelkoning skenk ons Sy genade!
175
L 5472 Hy is ewig Koning in die hemel en op
aarde! Die volke kniel, die nasies juig oor al Sy
skeppingsdade
176
Refrein Sing en sing en sing dan saam loof en
prys sy grote Naam want Hy is ewig Koning in die
hemel en op aarde sing en sing en sing dan
saam loof en prys sy grote Naam want die
Hemelkoning skenk ons Sy genade!
177
L 5473 Ons gaan in sy woning in, Hy roep ons
almal saam die skare juig en horings blaas, ons
almal roem sy Naam!
178
Refrein Sing en sing en sing dan saam loof en
prys sy grote Naam want Hy is ewig Koning in die
hemel en op aarde sing en sing en sing dan
saam loof en prys sy grote Naam want die
Hemelkoning skenk ons Sy genade!
179
Lied 548 1
Ek weet Jesus lewe, daarom is ek bly. Selfs
wanneer ek bang is, weet ek Hy's naby.
180
L 5482 Jesus is my koning en van alles Heer, ek
kan Hom vertel van al my pyn en seer.
181
L 5483 Selfs wanneer ek stout is of my sleg
gedra, sal Hy my vergewe as ek Hom dit vra.
182
L 5484 Ek weet Jesus lewe, daarom is ek bly. Ek
is nooit alleen nie, Hy is saam met my.
183
Lied 549
Daar's vissies in die water, kyk hoe swem hul
rond daar's voëltjies in die lug en daar's diere
op die grond
184
L 549 (vervolg) daar's blomme in die
velde, daar's riete in die vlei. Wie sou dit al's
gemaak het? Die Here, ja, dis Hy!
185
Lied 550
Twee ogies om Gods werk te sien twee handjies om
die Heer te dien twee oortjies om sy Woord op te
vang twee lippies wat Hom loof met sang twee
voetjies moet sy pad betree met één hartjie om
aan Hom te gee.
186
Lied 551 1
Jesus nooi die kindertjies "Almal, kom na
My". Elkeen wat na Hom toe kom, ontvang en seën
Hy.
187
L 5512 Jesus nooi die kindertjies niemand is
te sleg. Hy leer hul om Hom te dien en neem hul
sonde weg.
188
L 5513 Jesus nooi die kindertjies, almal kan
maar kom elkeen wat Hom liefhet, is die Heer se
eiendom.
189
L 5514 Jesus nooi hul almal uit almal is
gelyk. Dié wat soos 'n kindjie word, kom in sy
koninkryk.
190
Lied 552 1
Liewe Vader, ek sê dankie vir die wêreld rondom
my want die hemel en die aarde het ons al's van
U gekry.
191
L 5522 Liewe Vader, ek sê dankie vir die lewe
rondom my Al die blomme en die diere het hul
prag van U gekry.
192
L 5523 Liewe Vader, ek sê dankie vir die mense
rondom my Al my maatjies en familie wat in
liefde by my bly.
193
L 5524 Liewe Vader, ek sê dankie dat ek soveel
van U kry Maar die grootste is u liefde wat ook
in my hart kom bly.
194
Lied 553 1
Ek is bly ek ken vir Jesus, ek is bly ek is sy
kind. En ek bly my hele lewe aan die Here
vasgebind.
195
L 5531 (vervolg)  Ek is bly ek het 'n Bybel dat
ek elke dag kan lees Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. (2x)
196
Lied 554
Ek is bly ek ken vir Jesus, ek is bly ek is sy
kind. En ek bly my hele lewe aan die Here
vasgebind.
197
L 554 (vervolg) Ek is bly ek het 'n Bybel dat ek
elke dag kan lees Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. (2x)
198
Lied 555 1
Ek kniel hier in die oggendlig en soek, my God, u
aangesig maak, Heer, vir my ook hierdie dag, as
U so wil, vol lig en prag!
199
L 5552 Bevestig self my handewerk. En my
geloof, maak U dit sterk. Laat ek nie wegskram
van my plig, of telkens voor versoeking swig.
200
L 5553 Ek wy aan U dié nuwe dag en dank U,
Heer, vir lewenskrag. Ek sal my Heiland bly
verwag, want weldra, weet ek, kom die nag.
201
Lied 556 1
Vervul my hart met dankbaarheid waar ek nou tot U
nader verkwik deur u weldadigheid, kom ek tot U,
my Vader.
202
L 556 1(vervolg) Hoe juig my hart n danklied
uit vir hierdie nuwe hede my eerste lied is
dankbaarheid, u lof my eerste bede, u lof my
eerste bede.
203
L 556 2
O Skepper van
die groot heelal, en deur u Seun my Vader ek
wil in swakke mensetaal eerbiedig tot U nader.
204
L 556 2 (vervolg) Ek wy aan U die nuwe dag
en steun op u genade en wat daar ook al op my
wag, ek loof u goeie dade, ek loof u goeie
dade.
205
Lied 557 1
Hoor, Heer, ons aandgebede! Die velde lê in
vrede. Die dag is nou verby. O hoor ons
dankgesange! Die aand bring dié verlange dat U, o
Heer, by ons sal bly.
206
L 5572 Ons lê voor U ons sorge, en alle wat
verborge so swaar op harte druk. O Bron van heil
en lewe, wat al ons skuld vergewe, U gee ons
vrede en geluk.
207
L 5573 Bedek ons met u vlerke, o God, Getroue,
Sterke hou vaderlik die wag. Ons sluit getroos
ons oë, ons ken u alvermoë U waak oor ons die
hele nag.
208
Lied 558 1
O grote Christus, eewge lig, niks is bedek vir u
gesig u lig bestraal ons waar ons gaan - al skyn
geen son, al lig geen maan.
209
L 5582 Toon ons u goedheid en u mag deur u
beskerming in die nag wees U ons skild teen leed
en ramp, beskerm ons brose lewenslamp.
210
L 5583 Gee ons gemoedsrus vir die nag, soos
mense wat u koms verwag laat ons in die vertroue
leef dat u ons al ons skuld vergeef.
211
L 5584 O Vader, laat u liefde ons lei o Seun,
staan ons genadig by o Gee, wil ons in waarheid
leer drie-enig' God, ons sing u eer.
212
Lied 559 1
Die dag wat U in guns gegee het, is weer verby,
net soos ons taak, en dankbaar kom ons
lofgebede tot U wat lig én donker maak.
213
L 5592 Soos wat die een dag vir die ander 'n
loflied oor u grootheid sing, so kan u kinders,
Hemelvader, aan U voortdurend hulde bring.
214
L 5593 Voortdurend klink die dankgesange, die
smeekroep en die lofgedig tot U, die God van ons
verlange, wat ewig woon in helder lig.
215
Lied 560 1
O Heer, wat U in guns oor my ontferm, wil U my in
die nag ook beskerm. Bewaar my, Heer, van
skade. Gee, ná die nag, 'n nuwe dag en skenk my
ryklik u genade.
216
L 5602 Heer Jesus, U't my veilig voortgelei - U
is nie ver nie, U staan my by. U maak my vry van
sorge. U laat my rus ek weet gewis Ek is met U
in God geborge.
217
L 5603 O Gees, U skenk u rus in my gemoed ek
is verlos deur Jesus se bloed. Ook eenmaal is my
lewe op aard' verby. Dan wy ek my aan U vernuut,
verlos, vergewe.
218
Lied 561 1
Dis stil hier in die skemer asof die goeie
Gewer 'n kleed oor alles sprei. Ek self word nou
ook rustig, wil my in God verlustig ek kan my in
sy sorg verbly.
219
L 5612 O Heer van mededoë, gee my verligte
oë dat ek u heil mag sien! Soms vrees ek, Heer,
die duister... Spreek U en ek sal luister en leer
my hoe om U te dien.
220
Lied 562 1
Aan U, o God, my dankgesange U wil ek in my
aandlied prys! Al kwyn die sonlig teen die
hange, u lig, my Lig, sal hoër rys.
221
L 5621(vervolg) U het my met u guns
versadig en as 'n vader my beskerm met seëninge,
so milddadig, U dag en nag oor my ontferm.
222
L 5622 By U laat ek met stil vertroue al my
bekommernis vannag u Gees sal my in dié
vertroue ook voortlei in die nuwe dag! U self
stel aan die Bose perke U het ons vir u diens
bevry. Laat doen ons, Heer, die goeie werke deur
Jesus vir ons voorberei.
223
L 5623 Dank, Vader, dank vir u genade dis
onverdiende guns alleen! Beoordeel U na reg my
dade, waar sal ek skuil, waar vlug ek heen? Maar
nee, ek mag, ek wil nie vrees nie, U spreek my
vry om Jesus bloed ek sal nie meer bekommerd
wees nie in Hom is rus vir my gemoed.
224
L 5624 Ek weet aan wie'k my toevertrou het, al
wissel dan ook dag en nag ek ken die Rots op
wie'k gebou het, van wie ek al my heil
verwag. Eens aan die einde van my lewe sal ek,
van dood en sonde vry, vir al u seën en goedheid,
Here, U nuut my dank- en loflied wy.
225
Lied 563 1
Aan U, o God, my dankgesange U wil ek in my
aandlied prys! Al kwyn die sonlig teen die
hange, u lig, my lig, sal hoër rys (3x)
226
L 5632 U het my met u guns versadig en as n
vader my beskerm met seëninge, so milddadig, U
dag en nag oor my ontferm, (3x)
227
L 5633 Ek weet aan wiek my toevertrou het, al
wissel dan ook dag en nag ek ken die Rots op
wiek gebou het, van wie ek al my heil verwag,
(3x)
228
L 5634 Eens aan die einde van my lewe sal ek
van sorge en moeite vry, vir elke dag my hier
gegewe U hoër, reiner loflied wy, (3x)
229
Lied 564
Kyk, die dag is nou verby en die nag kom
nader. "Laat jul sorge nou by My" - so sê God ons
Vader.
230
Lied 565 1
Hoed my as ek my gaan neerlê, grote God, wat
altyd waak. O, beskerm my deur u Almag as die
kwade my genaak.
231
L 5652 O, vergeef my al my sondes, dan lê ek my
hofie neer. Dood of hel sal ek nie vrees nie want
U is my rotssteen, Heer.
232
L 5653 Neem my ouers en my vriende in bewaring
hierdie nag. Môre dank ons U vir goedheid - gawe
van 'n nuwe dag.
233
Lied 566 1
Hou oor my vannag u hande, grote God, wat altyd
waak. Laat my rus in u beskerming as dit donker
om my raak.
234
L 5662 Heer, vergeef my al my sondes maak my
hart opnuut weer skoon Dan sal ek geen onheil
vrees nie - dan sal vrede in my woon.
235
L 5663 Neem ons huis, ons vriende, almal, in
bewaring deur die nag. Môre dank ons U vir
goedheid - gawe van n nuwe dag.
236
Lied 567 1
Die dag wat U, o Heer, gegee het, is nou verby,
die nag kom aan soos U ons môrelied ontvang
het, neem nou ons naggebed ook aan.
237
L 5672 Dieselfde son wat hier aan't kwyn
is, bring oor die see weer oggendlig
- voortdurend klink deur mensestemme 'n bede of
'n lofgedig.
238
L 5673 Soos sonder einde son en skemer steeds
om die hele aarde gaan, so sing en bid ons broers
en susters waar hul ook al voor U kom staan.
239
L 5674 Ons dank U, Heer, dat U nie slaap
nie, by U bly dit voortdurend dag terwyl dit
donker hier by ons is hou U deur heel die wêreld
wag.
240
L 5675 U trou staan vas - net aardse ryke laat
onderdane in die steek U ryk brei uit en groei
voortdurend tot u Dag groots in glorie breek.
241
Lied 568 1
Heer, gee vandag ons dag se brood - U staan ons
by in al ons nood, ook wanneer ons so gou
vergeet dat U ons dag se brood uitmeet.
242
L 5682 Heer, seën tog vandag se brood en laat
ons ander help in nood, laat ons bereid wees om
te deel want U gee altyd weer so veel.
243
L 5683 Heer, U is self die lewensbrood - U deel
Uself uit in u dood, U het ons selfsug so
vergeef, nou kan ons uit u liefde leef.
244
Lied 569
Alle oë wag op U, o Here, en U gee wat ons
benodig, Heer, op die regte tyd. U open u milde
hande en skenk soveel guns aan al wat lewe, uit
groot genade. Amen.
245
Lied 570 1
Ure, dae, maande, jare skuif soos skadu's stil
verby. Niks sal met die loop van jare onveranderd
hier kan bly.
246
L 5701 (vervolg) Soos die gras, so is ons
dae soos 'n blom verwelk die mens U stel na u
welbehae aan ons leeftyd hier 'n grens!
247
L 5702 Vader, U troos ons in smarte selfs ook as
U ons bestraf. U, die kenner van ons harte, lei
ons deur die dood en graf. Al verander als op
aarde, u verbond hou ewig stand. Ewig rus ons in
u vrede, veilig in u vaderhand.
248
Lied 571 1
Here, hoeveel blye dae vloei soos strome kalm en
rein, sonder kommer, sonder klae, vol van vreugde
en sonneskyn!
249
L 5711 (vervolg) Word ek soms gekwel deur
lyding, wil ek kla oor u kastyding, weet ek dis
van korte duur uit my vreugde, net 'n uur.
250
L 5712 Skenk U nie in u ontferming meer as wat
ek ooit verwag? Leef ek nie in u beskerming, in u
liefde elke dag? Gee U my nie duisend
kere, onverdiend u seën, Here? Selfs al moet ek
leed verduur, bring dit seën op die duur.
251
L 5713 Van die velde, uit die strome, uit die
dieptes van die see, uit die wolke, van die
bome, deel U milde seën mee. Jaar en maand en dag
en stonde, elke vlugtige sekonde het u liefde en
u trou steeds oor my die wag gehou.
252
L 5714 As u guns ons hier benede sóveel
lewensvreugde bied, watter saligheid en vrede sal
ons eens by U geniet as ons deur u gees se
leiding, met die diepste hartsverblyding, van U,
Heer, ontvang die kroon, voor u heil'ge
hemeltroon!
253
Lied 572 1
Heer, soms word ek ongeduldig as ek meen ek ly
onskuldig maar dan sien ek dit tóg in as ek oor
u werk besin
254
L 5721 (vervolg) die fondasies van die
aarde, sterre, diere - al u dade - laat u
ondeurgrondlikheid blyk uit u voorsienigheid.
255
L 5722 As dié raaisel my nie kwel nie, en my
hart nie eens ontstel nie - dan kan ek, van U
bewus, ook in eie lot berus. Net in u gemeenskap,
Here, digby U vind ek die vrede. Net U self, net
U alleen, het ek nodig as my steun.
256
L 5723 Heer, te midde van my lyding is ek
dankbaar vir die tyding U is nie in majesteit of
in glorie opgesluit. U het self gevoel wat seer
is in 'n hart wat omgekeer is. Ek glo aan die
medely wat U ondervind vir my.
257
Lied 573 1
Ruwe storme breek in woede, alles om my heen is
nag. Tog hou God my in sy hoede - Hy hou oor my
heil die wag.
258
L 5731 (vervolg) Kan ek soms sy hulp nie sien
nie, of sy liefde ooit verdien nie sal sy Gees my
altyd lei Hy staan my in alles by.
259
L 5732 Jesus Christus het gesterwe het verrys,
verrys vir my Hy't sy vrede my laat erwe, deur
sy offer is ek vry. Hy wat intree by die
Vader trek my in sy liefde nader in ontferming
oor my lot staan Hy in my plek voor God.
260
L 5733 Wat my tref in dood of lewe watter
teenspoed op my wag, Jesus sal my nooit begewe
is ek swak, by Hom is krag. Niks wat ek op
aarde ly nie kan my van sy liefde skei
nie Hoogte, diepte, vreugde, rou niks ontruk
my aan Gods trou!
261
Lied 574 1
'n Skare stroom van oral saam, kom soek genesing,
troos by Hom. Mense noem oraloor dié Naam, praat
oor sy dade, huldig Hom.
262
L 5742 Na U, Heer Jesus, kón hul gaan met
sonde, siekte, smart en vrees. So liefdevol oor
hul begaan, het U vergeef, vertroos, genees.
263
L 5743 Wanneer óns kragte, Here, kwyn, bring
óns ook al ons leed na U. Ons soek genesing van
ons pyn, ons sondenood lê ons voor U.
264
Lied 575 1
Wie op die Heer vertrou in lyding en op Hom
steun, selfs in gevaar, is deur Hom seker van
bevryding en van sy redding ewig, waar. Wie op
die Here God vertrou, het séker nie op sand gebou.
265
L 5752 Bly op die Heer vertrou in lyding en wees
voor Hom ootmoedig stil. Maak op Hom staat vir
hulp en leiding soek biddend na sy sin en
wil.  Wie op die Here God vertrou, het séker nie
op sand gebou.
266
L 5753 Leef daagliks dankbaar en tevrede en bly
op God se wil bedag Hy hoor ons dank- en
smeekgebede en seën ons as ons biddend wag.  Wie
op die Here God vertrou, het séker nie op sand
gebou.
267
Lied 576 1
Moet jy stry teen moeilikhede, kind van God,
vertrou op Hom Hy beantwoord jou gebede Hy ken
jou omstandighede. Hy omskep jou smart in
vreug jy kan jou in Hom verheug.
268
L 5762 Bou in kommervolle dae al jou hoop op Hom
alleen Hy hoor al jou sugte en klae. Hy ken al
jou angs en vrae deur die swaarste teenspoed heen
- Hy kan help, ja, Hy alleen.
269
Lied 577 1
Die Heer, my herder, sorg vir my, Hy laat my
rustig wei langs waters waar daar vrede is, sal
Hy my veilig lei.
270
L 5772 Die Heer gee my weer nuwe krag en Hy sal
met my gaan Hy lei my op die regte pad ter ere
van sy Naam.
271
L 5773 Al lê daar donker dieptes voor, tog hoef
ek nie te vrees, want U's by my, en in u hand sal
ek steeds veilig wees.
272
L 5774 U maak vir my 'n fees gereed terwyl my
vyand kyk. U maak van my 'n eregas U maak my
lewe ryk.
273
L 5775 Net goedheid, liefde, lewenslank, gee U,
o Heer, vir my by U's ek tuis, en in u huis sal
ek vir ewig bly.
274
Lied 578 1
Jesus wat my lief het, Heer, laat my veilig by U
skuil. Kyk, die waters, wind en weer dreig en ruk
en trek my neer!
275
L 5781(vervolg) Help my, Heiland, ag, ek
vrees! Hoor die woeste winde huil! U beskerm my
swakke vlees laat my lewe vrede wees!
276
L 5782 Ek kom na U, hulpeloos. Daar's geen ander
toevlug nie. Kléin is my geloof en bróós, maar ek
weet Net U kan troos. O my Heiland, U sal
hoor! U sal my teen kwaad beskut. Deur die
duister gaan U voor as ek telkens moed verloor.
277
L 5783 Jesus wat my liefhet, Heer, ek vind by U
vrede, rus. Druk my sorge my soms neer, word ek
méér van U bewus. U's die rots waarop ek bou al
kom voor- en teëspoed. U sal ek voor oë hou selfs
in storm of watervloed!
278
Lied 579 1
Ons harte is verheug dat God, beskikker van ons
deel en lot, ons lewe in sy hande hou - Hom kan
ons alles toevertrou.
279
L 5792 Hy wat sy eie weg wil gaan, sien
dwaallig soms vir sterre aan, en as die skynsel
hom bekoor, dan dwaal hy van die regte spoor.
280
L 5793 God ken alleen die regte pad wat
uitloop op die hemelstad Hy weet of voor- of
teëspoed die beste is vir ons gemoed.
281
L 5794 Waar niemand anders help, help Hy as
mense wyk, staan Hy ons by. in rus en vreugde,
nood en stryd bly Hy dieselfde deurentyd.
282
L 5795 As ons die doodsvallei betree, kan
selfs ons beste vriend nie mee, maar Hy, die
troue Vriend in nood, Hy bly by ons deur graf en
dood.
283
L 5796 Kom, tree ons dan bemoedig voort die
Here rig ons deur sy Woord. Al lei ons pad deur
smart en vrees, sal ons nie meer kleinmoedig
wees.
284
Lied 580 1
Rus, my siel, jou God is Koning, oral voer Hy
heerskappy. Alles wissel hier op
aarde, onveranderlik is Hy.
285
L 5802 Met die kom en gaan van jare soos die
deinings van die see, wissel alles op die aarde
- wissel mensewaardes mee.
286
L 5803 Elke mens soek na vervulling, soek met
ywer dag na dag, maar die soeke bring geen rus
nie - laat ons dus op Christus wag.
287
L 5804 Rus, my siel, jou God is Koning, leef
tevrede uit sy hand wát ons tref in hierdie
wêreld, niks verbreek sy liefdesband.
288
Lied 581 1
O Heer, my God, ek leef uit u ontferming. U is my
toevlug, U bied my beskerming. Net U bepaal my
lewenslot.
289
L 5812 In donker nag ervaar ek u nabyheid. U
Woord bring vrede, vastigheid en vryheid. By U
vrees ek geen bose mag.
290
L 5813 Waar ek mag gaan, daar is u liefde by
my. Selfs in my lyding weet ek U bevry my. U
laat my veilig by U staan.
291
L 5814 Heer, dink aan my wanneer my einde
nader. Ek is u kind, hou my tog vas, my Vader. U
Seun het ook vir my gely.
292
Lied 582 1
Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal laat
steeds u lig my lewenspad bestraal!
293
L 5821 (vervolg) Daar is geen ander hulp of
troos vir my Hulp van die hulpelose, bly my by!
294
L 5822 My lewensdag begin alreeds te kwyn sy
vreugde en sy glans is aan verdwyn die tyd laat
niks hier onveranderd bly o Heer wat nooit
verander, bly my by!
295
L 5823 U wat ons nooit verlaat nie, goeie
Heer, weet om met swakke mense te verkeer. Gaan
pyn en lyding soms bo my verstand, weet ek U
hou, onwrikbaar, nog my hand.
296
L 5824 U bystand is so kosbaar elke uur deur
u genade leer ek leed verduur. Waar is daar ooit
'n beter lig te kry? U Gees bly immer ons
onfeilbaar by.
297
L 5825 Gou daag die lig die nuwe aarde bly van
alle sonde, dood en smarte vry! Dood, wie sou
skrik? Graf, wat sou my laat beef? My toekoms is
gewis, want Jesus leef!
298
Lied 583 1
U het ek lief, U roep ek aan! Na wie toe anders
sal ek gaan in al my donkerhede? Dis U wat
lewenswoorde spreek, U is die brood vir my
gebreek - net U gee my weer vrede.
299
L 5831 (vervolg) Ek wil met Petrus saam bely U
is die Christus ook vir my. Verlosser, Heiland,
Lam geslag, o Vors van vrede, lank verwag, U roep
ek aan, o Jesus Heer! U sal ek eer. U sien op my
in liefde neer.
300
L 5832 Ag, Heer, laat eng'lehande my wanneer ek
sterwe, juigend bly gelei tot in u woning! Die
liggaam keer tot stof en puin, tot met die klank
van die basuin, en U weer kom as Koning!
301
L 5832 (vervolg) Dan staan ek op, deur U
gewek, dan word u heerlikheid ontdek waar U, in
majesteit getroon, vir ewig onder eng'le woon! Ek
roep U aan, o Jesus, Heer! U sal ek eer. Sien in
genade op my neer!
302
Lied 584 1
Ons sien die tekens van die tyd Hy kom, Hy kom,
die Regter! Hy kom in krag en heerlikheid
303
L 5841 (vervolg) en eis van al sy
knegte verslag van hulle werksaamheid. Die Regter
prys die troue kneg, maar oordeel tref die slegte.
304
L 5842 U glans verskyn bo elke kruin, die ganse
aarde bewe. Die dooies sal by die basuin ontwaak,
verrys, herlewe! En die wat leef op daardie
dag sal in een ooblik deur Gods mag hernu word en
verander.
305
L 5843 Getroue Heiland staan my by - my waarborg
is u sterwe. U spreek my van die oordeel vry, dat
ek u heil mag erwe. Ek twyfel nie, U het
voldoen... Die bloed van Golgota versoen bedek
my baie skulde.
306
L 5844 Die Regter kom! Gods kinders wag met
vreugde op die tyding. O kom! Want ook die
skepping smag na redding en bevryding. Ja kom!
Ons roep dit vroeg en laat Verlos ons, Heer, van
alle kwaad en maak ons heilig. Amen.
307
Lied 585 1
O Jesus, laat ons nooit vergeet dat U wat alles
van ons weet sal oordeel oor ons hele lewe. U
sien ons hart by elke daad,
308
L 5851 (vervolg) U ken ons liefde en ons
haat, deurskou ons wense en ons strewe. Al wat
verborge is, word lig wanneer dit kom voor u
gerig.
309
L 5852 As Middelaar mag ons U sien, al het ons
niks van U verdien, U wat ons skuld by God betaal
het. Ons mag gelowig op U bou, ons toekoms aan U
toevertrou, U wat vir ons die kroon behaal
het. Ons kom nie in die oordeel meer - leef uit
die vryspraak van ons Heer.
310
L 5853 So word u wederkoms ons hoop, u liefde
sluit die toekoms oop, u Gees herskep ons wil en
strewe. Ons oë bly op U gerig voor Wie die
duisternis moet swig - U is die waarheid en die
lewe. Ons harte juig die Heer kom weer! Kom
Jesus, ja, kom spoedig, Heer
311
Lied 586 1
Hef op jul hoofde, vromes verlostes, wees
verbly! Die Heer wat op die troon is kom weer in
heerlikheid.
312
L 5861 (vervolg) Hy kom, en daardie dag sal
heel die aarde bewe. Maar hul sal juigend
lewe wat nou reeds op Hom wag.
313
L 5862 Eenmaal in knegsgestalte was Hy al hier
gewees - 'n Kind wat in 'n stal was, en deur 'n
vors gevrees. Die wyses volg die lig en bring aan
Hom die hulde. Sy bloed betaal ons skulde voor
God se aangesig.
314
L 5863 Hy kom nie weer as kindjie na Betlehem se
stal. Hy kom nou as oorwinnaar en met
basuingeskal! As regter daal Hy neer. Sy troon is
haelwit wolke. En oor verloste volke sal Hy
alleen regeer.
315
Lied 587 1
"Kyk, Hy kom!" Wag, laat ons luister - vanaf die
mure, deur die duister roep wagters met 'n luide
stem "Kyk, Hy kom! Hy kom! Die Koning! Ontwaak!
Ontwaak! Elk in sy woning.
316
L 5871 (vervolg) Verbly jou, o Jerusalem! O neem
jul lampe, kom, Hy's daar, die Bruidegom!" Hallelu
ja! Ons gaan Hom groet, (2x) Ons gaan Hom juigend
tegemoet.
317
L 5872 Sion, hoor die feesgesange! Ons hart
klop bly en vol verlange van vreugde blink ons
aangesig. Kyk, die dag breek oor die kruine!
318
L 5872 (vervolg) Ons hoor die klank van
feesbasuine - Jerusalem se nag word lig. Hy daal
na ons toe neer, Gods Seun en onse
Heer. Halleluja! Hy kom ons haal, (2x) Ons vier
met Hom die bruilofsmaal.
319
Lied 588 1
O God van hoop, gee ons u vrede, leer ons soos
kinders op U wag. Ons wil in stryd en
moeilikhede van U alleen ons heil verwag.
320
L 5881 (vervolg) As ons geen weg meer verder
sien nie, help ons om net op U te bou wat
onaantasbaar vas en seker u woord en u beloftes
hou.
321
L 5882 Ons het 'n hoop wat oor die einde, oor
sterwensuur en graf heen reik. Dis onaantasbaar
vas en seker as alle aardse dinge wyk. Ons het 'n
toekoms saam met Christus - die einde is maar die
begin. Die dood is oorgang tot die lewe ons woon
by God vir ewig in.
322
L 5883 Nooit kan geloof te veel verwag nie, want
God bly aan sy Woord getrou. Geen grense is daar
aan sy mag nie, Hy sal al sy beloftes hou. Die
hoop op Hom vervul ons lewe, laat ons die
koninkryk verwag, totdat die volheid van sy
vrede nuut deurbreek op die laaste dag.
323
Lied 589 1
Verheerlik aan Gods regterhand regeer sy Seun as
koning. Daar in die nuwe vaderland maak Hy vir
ons 'n woning.
324
L 5892 Van dáár sal Hy as regter kom kniel
neer, o al wat lewe! Voor Hom sal mensewoord
verstom sal elke skepsel bewe.
325
L 5893 Hy kom, en bring vir elk sy loon kom
luister, alle volke! Met eer en heerlikheid
gekroon, kom Hy weer met die wolke.
326
L 5894 Hy oordeel, en verlostes juig Dié
regter is ons Here! Met jubeling sal hul
getuig Vrees God, gee Hom die ere!
327
L 5895 Vertel aan almal van sy werk Die
wederkoms kom nader! Getuig van Hom, werk fluks
en sterk in diens van God, die Vader.
328
Lied 590 1
Het jy gehoor dat eenmaal hier alles nuut sal
staan? Dat Jesus by sy weerkoms die dood finaal
verslaan?
329
L 5901 (vervolg) n Nuwe aarde, hemel verskyn
met God se seën. Het jy gehoor en glo jy selfs
deur jou twyfel heen?
330
L 5902 Het jy gehoor van Jesus, van lewe uit sy
dood? Het jy gehoor, vertrou jy Hom in jou
diepste nood? Weet dan, geen bose magte kan jou
aan Hom ontruk. Op dié geloofsverwagting skenk
God volmaak geluk.
331
Lied 591 1
Die boekrol in Gods regterhand is sewe keer
verseël, dis vol geskryf aan elke kant met
oordeel én met seën maar niemand kan die seëls
breek! Wie sal die boek van God laat spreek?
332
L 5912 'n Leeu kom uit die Juda-stam, voortreflik
, soos 'n koning. Hy staan daar as geslagte
Lam en so bring Hy oorwinning - Hy het ons met sy
bloed gekoop Hy neem die boek en maak dit oop.
333
L 5913 Sing almal, sing die nuwe lied van Jesus
se oorwinning bring aan Hom lof en
heerlikheid en prys Hom in aanbidding U het ons
met u bloed gekoop U sterwe breek 'n toekoms
oop!
334
Lied 592 1
Die boekrol, Lam van God, beskryf die gang van
lewe. Dit laat Gods plan ontvou sy heerskappy
verhewe.
335
L 5921(vervolg) U het met bloed betaal, ons
losgekoop, versoen as konings moet ons heers, u
Naam as preisters noem.
336
L 5922 Die bruilof, Lam van God, laat juig ons
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com