Hoofstuk 3 - PowerPoint PPT Presentation

1 / 7
About This Presentation
Title:

Hoofstuk 3

Description:

Serway: Physics for Scientists and Engineers, Derde uitgawe, 1990. Wringkrag (3.2) Wringkrag ontstaan wanneer n krag n wring effek op n liggaam het wat neig ... – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:89
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 8
Provided by: JMS83
Category:

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: Hoofstuk 3


1
Hoofstuk 3 Fundamentele beginsels van meganika
  • Beginsels van meganika om die werking van
    masjiene beter te verstaan en te beskryf
  • Wringkrag, werk en traagheidsmoment
  • Wringkrag.
  • Meganiese werk.
  • Drywing / Drywing van n motor.
  • Benuttingsgraad van n masjien.
  • Kinetiese energie en traagheidsmoment.
  • Wringkrag, traagheidsmoment en verandering in
    spoed.
  • Meganies-gekoppelde stelsels en energievloei
  • Spoed van n motor / las stelsel.
  • Energievloei in n meganies-gekoppelde stelsel.
  • Aandrywing van n las met traagheidsmoment deur
    n motor.
  • Addisionele bronne
  • Serway Physics for Scientists and Engineers,
    Derde uitgawe, 1990.

2
Wringkrag (3.2)
  • Wringkrag ontstaan wanneer n krag n wring effek
    op n liggaam het wat neig om die liggaam te laat
    roteer

3
Werk en drywing (3.3 3.5)
  • Werk word verrig wanneer n krag oor n afstand
    uitgeoefen word
  • Drywing is die tempo waarteen werk verrig word.
    n Uitdrukking vir die drywing wat deur n
    masjien gelewer word kan hiervan afgelei word

4
Benuttingsgraad (3.7)
  • Die benuttingsgraad van n masjien word gegee
    deur die volgende vergelyking
  • Interessant
  • Stoomturbines (soos wat ons in kragstasies vind)
    25 40
  • Binnebrand enjins 15 30
  • Elektriese motors 75 98

5
Kinetiese energie van rotasie, traagheidsmoment
en spoed verandering (3.9)
  • Die traagheidsmoment van n soliede skyf word
    gegee deur
  • Die kinetiese energie van rotasie word gegee
    deur
  • Die spoed van n masjien kan net op een manier
    verander word en dit is wanneer daar vir vir n
    bepaalde tyd n wringkrag op die masjien
    uitgeoefen word. Die verander van die spoed is
    afhanklik van die traagheidsmoment, die wringkrag
    en die tyd wat die wringkrag op die masjien
    uitgeoefen word

6
Spoed van n motor/las stelsel (3.11)
  • Wanneer n motor en las stelsel beskou word is
    daar drie faktore wat in ag geneem moet word,
    naamlik die wringkrag van die motor, die
    teenwringkrag van die las en die spoed.
  • Die spoed van die stelsel hieronder gaan konstant
    bly wanneer die wringkrag van die motor (TM) en
    die teenwringkrag van die las (TL)gelyk is,
    ongeag wat die waarde van die spoed is.
  • Die stelsel sal versnel in die kloksgewyse
    rigting wanneer TM gt TL
  • Die stelsel sal versnel in die teenkloksgewyse
    rigting wanneer TM lt TL

7
Energievloei/Drywingsvloei in n motor/las
stelsel (3.12)
  • Volgens Wildi Wanneer die wringkrag deur die
    motor opgewek in dieselfde rigting is as die
    spoed van die as, dan lewer die motor drywing aan
    die las. Anders ontvang die motor drywing van
    die las.
  • Die versnelling van die stelsel, met die
    traagheidsmoment van die hele stelsel in ag
    geneem, kan as volg gegee word
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com