GOD ANTWOORD JOB - PowerPoint PPT Presentation

1 / 45
About This Presentation
Title:

GOD ANTWOORD JOB

Description:

Skepping (Job 38:4-7) Of wie het sy hoeksteen gel ? Toe die m resterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het? – PowerPoint PPT presentation

Number of Views:116
Avg rating:3.0/5.0
Slides: 46
Provided by: fus69
Category:
Tags: antwoord | god | job

less

Transcript and Presenter's Notes

Title: GOD ANTWOORD JOB


1
GOD ANTWOORD JOB
Job 38-39
2
Skepping (Job 384-7)
Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te
kenne as jy insig het.
3
Skepping (Job 384-7)
Wie het sy afmetinge bepaal? jy weet dit mos!Of
wie het daaroor die meetsnoer gespan?Waar is sy
fondamentklippe op ingesink?
4
Skepping (Job 384-7)
Of wie het sy hoeksteen gelê? Toe die môresterre
saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?
5
Die see (Job 388-11)
En wie het die see met deure afgesluit toe dit
uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?
6
Die see (Job 388-11)
Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die
donkerheid tot sy windsel.
7
Die see (Job 388-11)
Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en
deure gemaak het en gesê het Tot hiertoe mag jy
kom en nie verder nie en hier word n grens
gestel vir jou trotse golwe!
8
Die môre (Job 3812-15)
Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die
dageraad sy plek aangewys, om die some van die
aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan
afgeskud word?
9
Die môre (Job 3812-15)
Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder n
seël en die dinge kry gestalte soos n kleed.
10
Die onderwater wêreld(Job 3816-18)
Het jy gekom tot by die bronne van die see? En
het jy rondgewandel in die binneste diepte van
die wêreldvloed? Is die poorte van die dood vir
jou ontbloot? En het jy die poorte van die
doodskaduwee gesien?
11
Die onderwater wêreld(Job 3816-18)
Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee
te kenne as jy dit alles weet.
12
Die lig (Job 3819-21)
Waar is tog die weg na die woning van die lig? En
die duisterniswaar is tog sy plek, sodat jy dit
kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan
die paaie na hulle huis?
13
Die sneeu (Job 3822)
Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu?
14
Die hael (Job 3822-23)
En het jy die skatkamers van die hael gesien, wat
Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir
die dag van stryd en oorlog?
15
Die wind (Job 3824)
Waar is tog die weg na die plek waar die lig
gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die
aarde?
16
Die storm (Job 3825-27)
Wie het n kanaal gesplyt vir die stortvloed en
n pad vir die onweerstraal?
17
Die storm (Job 3825-27)
om te laat reën op n land waar geen mens is nie,
op n woestyn waar niemand woon nie
18
Die storm (Job 3825-27)
om woestheid en verwoesting te versadig en op die
groeiplek jong gras te laat uitspruit?
19
Die dou (Job 3828)
Het die reën n vader? Of wie verwek die
doudruppels?
20
Die ys (Job 3829-30)
Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En
die ryp van die hemelwie baar dit? Die waters
word hard soos n klip, en die oppervlakte van
die watervloed sluit aanmekaar.
21
Die Diereriem (Job 3831-33)
Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop?
22
Die Diereriem (Job 3831-33)
Of die toue van die Oríon losmaak??
23
Die Diereriem (Job 3831-33)
Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd?
24
Die Diereriem (Job 3831-33)
En die Beer met sy kleintjies lei?
25
Die Diereriem (Job 3831-33)
Ken jy die wette van die hemel?Of kan jy sy
heerskappy oor die aarde bestel?
26
Die leeu (Job 391-2)
Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger
van die jong leeus stil maak as hulle neerbuig in
die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te
loer?
27
Die raaf (Job 393)
Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies
roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
28
Die bergbokke (Job 394)
Weet jy die tyd as die bergbokke lam?
29
Die takbok (Job 395-6)
Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet
jy die tyd dat hulle lam? Hulle buig hul krom,
bring hulle kleintjies voort.
30
Die takbok (Job 395-7)
Hulle kleintjies word sterk, word groot in die
veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
31
Die wilde-esel (Job 398-11)
Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie
het die bande van die woestyn-esel losgemaak? Vir
hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die
brak land sy woonplek. Hy lag oor die gewoel van
die stad die geskreeu van die drywer hoor hy
nie. Die omgewing van die berge is sy weiveld en
al wat groen is, soek hy uit.
32
Die buffel (Job 3912-15)
Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of
sal hy vernag by jou krip? Kan jy die buffel aan
die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die
laagtes agter jou eg?
33
Die buffel (Job 3912-15)
Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En
aan hom jou arbeid oorlaat? Kan jy op hom reken,
dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak
op jou dorsvloer?
34
Die pou (Job 3916)
Gavest thou the goodly wings unto the peacocks?
Uitgelaat uit die Afrikaanse Vertalings
35
Die volstruis (Job 3916-18)
Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit
n sagaardige vleuel en veer? Want sy laat haar
eiers op die grond lê en hou hulle warm op die
grond en vergeet dat n voet dit kan stukkend
druk en die wilde diere van die veld dit kan
vertrap.
36
Die volstruis (Job 3919-21)
Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie
hare is nie is haar moeite tevergeefssy is nie
bekommerd nie. Want God het haar die wysheid
ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand
nie. Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag
sy oor die perd en sy ruiter.
37
Die perd (Job 3922-28)
Gee jy aan die perd sterkte?Beklee jy sy nek met
maanhare?
38
Die perd (Job 3922-28)
Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse
gesnuif is n verskrikking. Hy grawe in die
laagte en is vrolik in sy krag hy trek uit, die
stryd tegemoet.
39
Die perd (Job 3922-28)
Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en
draai nie om vir die swaard nie. Op hom rammel
die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan
nie stil as die basuin klink nie. By elke
basuinstoot sê hy Heag! En van ver ruik hy die
oorlog, die donderroep van die leërowerstes en
die oorlogsgeskreeu.
40
Die valk (Job 3929)
Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en
sprei sy vlerke uit na die suide toe?
41
Die arend (Job 3930-33)
Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy
hoog sy nes?
42
Die arend (Job 3930-33)
Op die rots woon hy en vernag hy, op die
rotspunt en bergvesting.
43
Die arend (Job 3930-33)
Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die
verte.
44
Die arend (Job 3930-33)
Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar
gesneuweldes lê, daar is hy.
45
Volgens hoorsê Het ek van U gehoor, maar nou het
my oog U gesien
Job 425
Write a Comment
User Comments (0)
About PowerShow.com